Verskil tussen weergawes van "Meeldraad"

9 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Meeldrade''' is die voortplantingsorgane van ’n [[blom]] wat die [[stuifmeel]] vervaardig.
 
’n Meeldraad bestaan gewoonlik uit ’n stingel, wat die '''helmdraad''' genoem word, en ’n '''helmknop''', wat die mikrosporangia bevat. Die meeste helmknoppe het twee lobbe en is óf aan die basisonder óf aanin die middel aan die helmdraad geheg. Die steriele deel tussen die lobbe word die '''helmbindsel''' genoem. ’n Stuifmeelkorrel ontwikkel uit ’n [[mikrospoor]] in die mikrosporangium en bevat die manlike [[Gameet|gamete]].
 
Die meeldrade van ’n blom word saam die '''meeldraadkrans''' genoem. Dit kan ’n verskeidenheid vorms hê na gelang van die [[Spesie|plantspesie]] – van hulle kan baie kompleks wees.<ref>Sattler, R. 1973. ''Organogenesis of Flowers. A Photographic Text-Atlas''. University of Toronto Press. ISBN 0-8020-1864-5.</ref><ref>Sattler, R. 1988. A dynamic multidimensional approach to floral morphology. In: Leins, P., Tucker, S.C. en Endress, P. (red.) ''Aspects of Floral Development''. J. Cramer, Berlin, pp. 1-6. ISBN 3-443-50011-0</ref><ref>Greyson, R. I. 1994. ''The Development of Flowers''. Oxford University Press. ISBN 0-19-506688-X.</ref><ref>Leins, P. en Erbar, C. 2010. ''Flower and Fruit''. Schweizerbart Science Publishers, Stuttgart. ISBN 978-3-510-65261-7.</ref> Die meeldraadkrans omring die [[ginesium]] van die blom en word op sy beurt omring deur die [[blomkelk]], as daar een is.