Verskil tussen weergawes van "Bauhaus"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
=== 1932: Berlyn ===
[[Lêer:Gedenktafel Birkbuschstr 49 (Stegl) Bauhaus Berlin.JPG|duimnael|regs|200px|'n Gedenkplaat in die Berlynse stadsdeel Steglitz herinner aan die voormalige plaaslike Bauhaus-gebou]]
In 1931 het die Nasionaalsosialiste die munisipale verkiesings in Dessau gewen. Die Bauhaus was in die volgende jaar 'n tweede keer genoodsaak om sy setel te verskuif en het hom in die Berlynse stadsdeel [[Steglitz]] gevestig. Kort daarna het die Nasionaalsosialiste – wat die Bauhaus as 'n "Kerk van Marxisme" afgemaak het – die Bauhaus-span gedwing om hul instelling self te ontbind.
 
Sommige van die Bauhaus se leidende figure soos Josef Albers, Walter Gropius, László Moholy-Nagy en Ludwig Mies van der Rohe het vervolgens na die VSA geëmigreer waar die Bauhaus se gedagtes, konsepte, metodes en leerstellings binnekort 'n beduidende invloed op die plaaslike boukuns, produk- en kommunikasie-ontwerp uitgeoefen het, met die Black Mountain College as die vernaamste onderwyssentrum.