Verskil tussen weergawes van "Dans"

8 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k (→‎Volksdanse: Link GA is now handled by Wikidata, removed: {{Link GA|frr}} using AWB (10861))
(→‎Geskiedenis: Skakels)
== Geskiedenis ==
[[Lêer:Whirlingdervishes.JPG|thumb|250px|Dansers in Turkye]]
Dans het reeds by die primitiewe mens voorgekom as 'n manier om uiting te gee aan emosies voordat dit in die meer gesofistikeerde kulture as 'n outonome kunsvorm ontwikkel het. Die eerste dokumentasie daarvan (rotstekeninge) stam uit die Vroeë Paleolitikum. Die bewegings wat op die tekeninge te sien is, kom ooreen met die dier en krampdanse van die hedendaagse tradisionele kulture van [[Afrika]] en [[Australië]].
 
In die Laat-Paleolitikum het dans uitgebrei met die uitbeelding van die seksuele drif en natuurelemente; tydens die oorgang na die Neolitikum het magiese dans ontstaan. Toe die mensdom hom tydens die Neolitikum onderverdeel in besittendes en nie-besittendes - in adel en boere - het die dans van die boere tot volksdanse ontwikkel, terwyl die dans van die hoëlui verfyn en gespesialiseer het tot vertoonde beroepsdans, wat in later tot 'n kunsvorm ontwikkel het.