Verskil tussen weergawes van "Dans"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
(→‎Geskiedenis: Skakels)
Die ontwikkeling van Griekse danse het deur drie stadiums gegaan: Dié van die samevatting, bloei (tydens die evolusie van die drama) en dekadensie, waarin die pantomime hoogty gevier het. Die Romeinse beskawing het die pantomime van die Grieke oorgeneem, maar het minder intrinsieke waarde daaraan geheg. Tog was dit die "grapmaker" - die reisende en rondtrekkende speelman, towenaar en smous - wat die elemente van die Romeinse pantomime oorgedra het na die noorde, waar dit op sy beurt weer die dans van die Germane en Galliërs beïnvloed het.
 
Dié dans is van die staanspoor af gekarakteriseer deur sy primitiewe aard en dit het die Christelike owerheid baie moeite gekos om dit te suiwer en aan te pas. Gedurende die [[Middeleeue]] is dans - in ooreenstemming met die maatskaplike ontwikkeling van dié tyd - in drie vorme verdeel: dié van die adel, die lyfeienes en die burgers. Die ontwikkeling van hierdie danssoorte was gekoppel aan die ontwikkeling van die stand wat dit verteenwoordig het.
 
=== Wisselwerking ===