Verskil tussen weergawes van "Dans"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Die moderne dans gryp terug na primitiewe beginsels: die gebruik van 'n mens se liggaam om gevoelens uit te druk en te kommunikeer. Die emosies en psigologie van die twintigste eeuse mens was bepalend vir die moderne dans en die wyse waarop die spierstelsel geoefen word. Die pioniers van moderne dans was Martha Graham, Doris Humphrey, Charles Weidman, Helen Tamaris, Staluse Pera en Hanya Holm.
 
Hierdie dansvorm het ontstaan aan die begin van die 20ste eeu, met die soektog na ander bewegingsvorms as slegs klassieke ballet. Die vernieuing in die westerse ballet, die opkoms van moderne dans en die jazzdans was almal ontwikkelings wat vir 'n groot deel parallel geloop het. Duncan het na 'n klassieke balletopleiding haar eie weg ingeslaan en haar verset teen tradisionele balletkonvensies; vir haar was die individuele uitdrukking in dans die hoofsaak. Sy het baie dansers en choreograwe geïnspireer in die soek na 'n nuwe vorm van dans. Alhoewel die opkoms van moderne dans deur haar geïnspireer is, was haar invloed nie van deurslaggewende belang nie. Sy het in 1904 haar eie dansskool in [[Berlyn]] gestig, waardeur haar benadering meer bekendheid verwerf het.
 
Die Denisshawn Company, gestig in in 1915 deur Ruth St. Denis en Ted Shawn, was in die VSA as die bakermat van moderne dans beskou. Een van hul dansers, Martha Graham, het die geselskap in 1923 verlaat en self begin lesgee. In 1926 het sy saam met haar leerlinge voorstellings gegee wat tans as die eerste manifestasie van moderne dans beskou word. Vandag word moderne dans naas ballet as 'n aparte dissipline beskou.