Verskil tussen weergawes van "Dans"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Soms word verdere krag aan die dans verleen deur die gebruik van maskers, wat diegene wat in die danse optree, identifiseer met gode, geeste, heilige diere ensovoorts. Dié dansvorms kan oorgaan in krampagtige of - in hoër vorm - ekstatiese danse. Die opwellende emosie wat daarmee gepaard gaan, word dan beskou as goddelike krag wat vir homself 'n weg baan (byvoorbeeld in die dans van sjamane, bacchante en derwisje).
 
Dié soort dans het ook in antieke en ander godsdienste voorgekom en word daar dikwels in verfynde en abstrakte vorms uitgevoer - nie deur die hele stam of die hele volk nie, maar deur spesiaal opgeleide tempel- of beroepsdansers (byvoorbeeld in oud-Egipte, Indië en Japan), wat liggaamlik en geestelik aan hoë eise moes voldoen. Dikwels berus hierdie danse op heldedigte of dramas (soos in Indië en Indonesië). In die vroeë Middeleeue het die [[Christendom]], wat onder meer die heidense vrugbaarheidsdans nie heeltemal kon uitroei nie, hierdie dans in 'n kuiser vorm in sy rituele opgeneem.
 
=== Dodedans ===