Verskil tussen weergawes van "Outomatiese ratkas"

geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Automatic transmission cut.jpg|duimnael|'n Agt-rat outomatiese ratkas]]
 
'n '''Outomatiese ratkas''' is 'n tipe transmissie vir 'n [[motorvoertuig]] wat ratverhoudings outomaties kan verander terwyl die voertuig beweeg, en bevry die bestuurder daarvan om die ratte met die hand te skuif. Soos ander transmissiestelsels op voertuie, voorsien dit 'n binnebrandenjin van 'n reeks spoed- en wringkraguitsette wat nodig is vir goeie voertuigverrigting.
 
[[Lêer:Ford500autotrans.JPG|duimnael|links|Rathefboom vir 'n outomatiese ratkas]]
Die gewildste vorm wat in motors gevind word, is die hidrouliese outomatiese ratkas. Soortgelyke, maar groter toestelle word ook gebruik vir swaar kommersiële en industriële voertuie en toerusting. Hierdie stelsel maak gebruik van 'n vloeistofkoppeling in die plek van 'n wrywing koppelaar, en bereik ratwisseling deur 'n stelsel van planetêre ratte te sluit en te ontsluit. Sommige masjiene met 'n beperkte spoed of vaste enjinsnelhede, soos vurkhysers en grassnyers, benodig net 'n wringkragomsetter.
 
'n Kar met 'n outomatiese ratkas kan nie aan die brand gestoot word nie, omrede daar dan geen drukking van die transmissievloeistof is om die transmissie-onderdele te laat werk nie.
 
[[Kategorie:Voertuigtegnologie]]