Verskil tussen weergawes van "Oscar"

4 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
(→‎Geskiedenis: Kan nie 1834 wees nie!)
The Academy of Motion Picture Arts and Sciences (Die Akademie vir Filmkuns en Wetenskap) is ’n organisasie wat in 1927 in [[Hollywood]], Kalifornië, gestig is om die kulturele en tegniese standaarde van professionele rolprentvervaardiging te verhoog. Lidmaatskap geskied op uitnodiging aan lede in die uitvoerende, tegniese en administratiewe vertakkings van die filmbedryf. Die akademie het sowat 5 000 lede. Hoewel filmwerkers in ander lande ook lede mag word, is die akademie in die reël nog altyd met die Amerikaanse rolprentbedryf vereenselwig.
 
Al die lede stem vir die jaarlikse toekenning van die Oscars in verskeie "Beste"-kategorieë. Eers word op die meeste vyf deelnemers per kategorie benoem. Uit hierdie benoemings kies die hele akademie dan die wenners per geheime stemming. Die wenners word elke lente (in die [[Noordelike Halfrond]]) aangekondig op ’n groot glansgeleentheid wat wêreldwyd gebeeldsend word.
 
== Bronnelys ==