Dauphin-eiland: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
No edit summary
(Skakel)
| addisionele inligting =
}}
'''Dauphin-eiland''' ([[Engels]]: '''Dauphin Island''') is 'n rifeiland in die [[Golf van Meksiko]], net suid van Bayou La Batre in Mobile County in die [[Verenigde State|Amerikaanse]] [[deelstaat]] [[Alabama]]. Die eiland het in sy geskiedenis onder opeenvolgende [[Frankryk|Franse]], [[Verenigde Koninkryk|Britse]] en [[Spanje|Spaanse]] bewind gekom voordat dit deel van die Amerikaanse Alabama-gebied en uiteindelik in 1819 deel van die deelstaat Alabama geword het.
 
Oorspronklik het die eiland as Massacre Island of "Slagtingeiland" bekend gestaan nadat die Franse ontdekkingsreisiger Pierre Le Moyne d'Iberville (1661-1706) hier in 1699 op talle menslike geraamtes afgekom het. Die vermeende slagveld was egter niks meer as 'n Indiaanse grafheuwel wat deur 'n [[orkaan]] opgebreek is nie. Later het die eiland ter ere van die seun en erfgenaam van koning [[Lodewyk XIV van Frankryk]] sy huidige naam gekry.