Verskil tussen weergawes van "Fête nationale du Québec"

k
Opruim
k (Verplasing van 8 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q2427163)
k (Opruim)
[[Beeld:Fete nationale du Quebec.jpg|duimnael|regs|300px|Fête nationale: Parade in [[Montreal]]]]
[[Beeld:Fete nationale du Quebec.jpg|thumb|right|300px|Fête nationale: Parade in [[Montreal]]]] Die '''Fête nationale du Québec''' is die amptelike Nasionale Dag van die [[Franse taal|Franstalige]] [[Kanada|Kanadese]] provinsie [[Quebec]], wat deur die Mouvement national des Québécois (Nasionale beweging van die Québécers) en die Société Saint-Jean-Baptiste (Genootskap van Sint-Johannes-die-Doper) georganiseer en op [[24 Junie]] gevier word. Vir die Rooms-Katolieke Kerk is dit 'n godsdienstige feesdag ter ere van Johannes die Doper. Die feesdag word deur die bevolking van Québec dikwels "la Saint-Jean" ("die Sint-Johannes") genoem.
 
[[Beeld:Fete nationale du Quebec.jpg|thumb|right|300px|Fête nationale: Parade in [[Montreal]]]] Die '''Fête nationale du Québec''' is die amptelike Nasionale Dag van die [[Franse taal|Franstalige]] [[Kanada|Kanadese]] provinsie [[Quebec]], wat deur die Mouvement national des Québécois (Nasionale beweging van die Québécers) en die Société Saint-Jean-Baptiste (Genootskap van Sint-Johannes-die-Doper) georganiseer en op [[24 Junie]] gevier word. Vir die Rooms-Katolieke Kerk is dit 'n godsdienstige feesdag ter ere van Johannes die Doper. Die feesdag word deur die bevolking van Québec dikwels "la Saint-Jean" ("die Sint-Johannes") genoem.
== Oorspronge ==
 
== Oorspronge ==
Die oorspronge van die fees lê in die Europese verlede. Meer as 2 000 jare gelede het die meeste Europese volke die sonstilstand van die somer as 'n religieuse en landboufees gevier wat die begin van die somer gemarkeer het. Teen die tyd van die jaar, wanneer die dae die langste is, is snags vure aangesteek. Met die kerstening in die eerste millennium n.C. is die feesvierings voortgesit, al het hulle 'n nuwe geestelike betekenis gekry. Die Rooms-Katolieke Kerk het op 24 Junie 'n feesdag ter ere van Johannes die Doper gehou. Tydens die heerskappy van die Franse [[Ancien régime]] was die fees van Johannes-die-Doper (Frans: ''la Saint-Jean'') baie gewild.
 
Die feesvierings op die Amerikaanse vasteland het met die stigting van die eerste Franse nedersettings begin. In [[1638]] is hierdie Christelike fees vir die eerste keer in [[Nieu-Frankryk]] gevier. Ondanks alle pogings van die klerus het ook sommige heidense tradisies bly voortleef.<ref>[http://www.fetenationale.qc.ca/historique.html ''La Fête nationale du Québec, des origines à nos jours'']</ref>
 
== Die Johannes-die-Doper-fees ==
[[Beeld:Sjb-day-fireworks.jpg|thumbduimnael|rightregs|300px|Vuurwerk oor die parlementsgebou in Quebecstad op 24 Junie]]
Die vierings van die Johannes-die-Doper-fees het 'n baie patriotiese wending geneem danksy onder meer die aktiwiteite van Ludger Duvernay, wat die eerste voorsitter van die Société Saint-Jean-Baptiste geword het.
 
 
== Die Fête nationale ==
 
Op [[11 Mei]] [[1977]] is 24 Junie deur 'n ministeriële besluit van die regering van [[René Lévesque]] tot die amptelike "Fête nationale du Québec" verklaar. In die volgende jaar is die Komitee vir die Organisasie van die "Fête nationale du Québec" in die lewe geroep. Die komitee het aanvanklik die Société Saint-Jean-Baptiste met die organisasie van die feesvierings belas. In [[1984]] is dit aan die ''Mouvement national des Québécoises et des Québécois'' (Nasionale Beweging van die Québécois) opgedra.
 
Die "Sint-Johannes-dag" het sodoende die fees van alle Québécois geword en is nie meer as 'n fees beskou wat uitsluitlik op die Frans-Kanadese bevolking gemik was nie. Danksy die aktiwiteite van veral die Société Saint-Jean-Baptiste en die Mouvement national des Québécoises et Québécois is die fees geleidelik gelaïseer, en die vierings op 23 en 24 Junie het hulle huidige vorm aangeneem. Die tradisie om snags vure aan te steek leef nog steeds voort.
 
Tans is die fees 'n geleentheid vir 'n groot kulturele festival, waarmee die Québécois hulle bestaan aan die wêreld bekend maak.
 
== Verwysings ==
{{reflistVerwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
 
* [http://www.fetenationale.qc.ca/ Die webwerf van die Fête nationale]
* [http://www.mnq.qc.ca/ Webwerf van die Mouvement national des Québécoises et Québécois]
 
{{DEFAULTSORT:Fete nationale du Quebec}}
[[Kategorie:Quebec]]