Verskil tussen weergawes van "Lüderitz"

29 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
Opruim
k (Opruim)
{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;"
! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF; background: #003399; padding: 4px; font-size:170%;" |
'''Lüderitz'''<br />
[[Beeld:Luderitz,Stadt mit Felsenkirche.jpg|300px]]
|- style="background: #CEDAF2; text-align:center;border-bottom:1px solid #999"
|style="border-left:1px solid #999"| '''Wapen'''
|- style="background:white"
|rowspan=6| [[Beeld:Wahlkreis Lüderitz in Karas.png|200px|centersenter]]
|- style="background: white"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Beeld:Wappen Lüderitz - Namibia.jpg|75px|centersenter]]
|- style="background: #f7f8ff;border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|style="border-left:1px solid #999;border-top:1px solid #999"| '''Landsvlag'''
|- style="background: white; border-top:1px solid #999;"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Beeld:Flag of Namibia.svg|90px|centersenter]]
|- style="background: #f7f8ff; border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Land'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[Beeld:Flag of Namibia.svg|20px]] [[Namibië]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Gewes'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 12&nbsp;537
|-
| &nbsp;- Bevolkingsdigtheid
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 220/vk km
|-
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
'''Lüderitz''' is 'n klein seehawe en vissersdorp aan die [[Atlantiese Oseaan|Atlantiese]] kus van [[Namibië]] (Suidwes-Afrika) en die administratiewe hoofstad van die gelyknamige kiesafdeling in die Namibiese gewes Karas. Die dorp is vernoem na die [[Bremen (stad)|Bremense]] koopman [[Adolf Lüderitz | Franz Adolf Eduard Lüderitz]] en het 'n bevolking van sowat 12&nbsp;537 (2011).
 
'''Lüderitz''' is 'n klein seehawe en vissersdorp aan die [[Atlantiese Oseaan|Atlantiese]] kus van [[Namibië]] (Suidwes-Afrika) en die administratiewe hoofstad van die gelyknamige kiesafdeling in die Namibiese gewes Karas. Die dorp is vernoem na die [[Bremen (stad)|Bremense]] koopman [[Adolf Lüderitz | Franz Adolf Eduard Lüderitz]] en het 'n bevolking van sowat 12&nbsp;537 (2011).
==Geskiedenis==
 
== Geskiedenis ==
Die [[Portugal|Portugese]] seevaarder [[Bartolomeus Dias|Bartolomeu Diaz]] was die eerste Europeër wat in [[1487]] in 'n nabygeleë baai suid van die huidige dorp voet aan wal gesit en 'n tradisionele steenkruis met wapen op die Lüderitz-skiereiland se Diazpunt opgerig het. Die oorspronklike kruis ([[Portugees]]: ''padrão'') was as gevolg van erosie sterk verweer en is in [[1929]] deur 'n repliek vervang. Die ou Portugese origineel word tans in 'n [[Kaapstad|Kaapstadse]]se museum vertoon.
[[Beeld:Luderitz, Diaz-Point, Gr. Bucht.jpg|thumbduimnael|leftlinks|250px|Diazpunt naby Lüderitz]]
Die Bremense tabakhandelaar Adolf Lüderitz het in [[1883]] in Angra Pequeñabaai (die latere Lüderitzbaai) geland. Sy medewerker en vennoot Heinrich Vogelsang het van die plaaslike Orlam-hoof Josef Frederiks 'n gebied met 'n lengte van 40 myl en 'n wydte van 20 myl gekoop om hier 'n handelspos te stig. Die hoof het 100 goudpond en 250 gewere ontvang en was daarvan oortuig dat hy eintlik 'n gebied met 'n lengte van 70 en 'n wydte van 35 kilometer aan die Duitsers sou verkoop het. Nadat hy die ooreenkoms onderteken het, het die Duitse koopmans egter daarop verwys dat hulle nie ''Engelse'' myl (wat gelykstaan aan 1,6 kilometer) bedoel het nie, maar ''Pruisiese'' myl (7,5 kilometer) - Frederiks het sodoende die grootste deel van sy stamgebied van 300 by 150 kilometer verkoop.
 
Die land is nogtans as waardeloos beskou, en Lüderitz het eintlik gehoop om hier grondstowwe te kan ontgin. Sy mynbou-eksplorasies het egter op niks uitgeloop nie. Lüderitz het uiteindelik in finansiële moeilikhede beland en sy omvangryke grondbesit in [[1885]] aan die Duitse Koloniaalmaatskappy van Suidwes-Afrika verkoop.
 
Die dorp het eers met die veldtog teen die Nama-stam geleidelik begin groei toe hier in [[1904]] Duitse troepe gestasioneer is. Lüderitz het in hierdie tydperk veral vir die [[konsentrasiekamp]] bekend gestaan wat hier vir Orlam- en Nama-gevangenes en hul familielede opgerig is. Van die sowat 2&nbsp;000 gevangenes het as gevolg van die slegte higiëniese en ongunstige klimaattoestande net sowat 450 oorleef. Eers nadat Duitse sendelinge daarop gedring het dat die kamp gesluit moes word, is dit na die binneland verskuif.
[[Beeld:Görke-Haus Lüderitz.jpg|thumbduimnael|leftlinks|250px|Die Görke-huis, 'n pragtige voorbeeld van Lüderitz se koloniale Duitse boustyl]]
Eers jare nadat Adolf Lüderitz in [[1886]] tydens 'n ekspedisie na die [[Oranjerivier]] spoorloos verdwyn het, is in [[1908]] [[diamant]]e in die gebied ontdek, en die dorp het 'n kortstondige ekonomiese bloeitydperk beleef. Die Swart werker Zacharias Lewela het tydens die bou van 'n smalspoor-spoorweglyn 'n diamant in 'n duineveld ontdek. Hy het dit aan die boumeester August Stauch getoon, en Stauch het saam met die ingenieur Sönke Nissen 'n konsessie vir die gebied gekoop. Albei het danksy die diamante-mynbou miljoenêrs geword, terwyl Lewela niks ontvang het nie.
 
 
Alhoewel daar nog steeds diamantemynboubedrywighede in die omgewing is, het vissery en toerisme die belangrikste ekonomiese sektore geword. Veral [[weskuskreef|seekreef]] word na lande soos [[Spanje]] en [[Japan]] uitgevoer. Oorbenutting van visbronne het egter daartoe gelei dat beperkings op die vissery geplaas is. [[Duitsland]] het 'n patrollieboot aan Namibië beskikbaar gestel sodat onwettige visvangaktiwiteite bekamp kan word.
 
== Sien ook ==
{{Commons|Lüderitz}}
* [[NG gemeente Lüderitz]]
 
{{CoordKoördinate|-26.646|15.154|displayaansig=titletitel}}
 
{{DEFAULTSORT:Luderitz}}
{{Commons|Lüderitz}}
[[Kategorie:Nedersettings in Namibië]]
[[Kategorie:Kusstede]]