Verskil tussen weergawes van "Maraton"

12 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Verplasing van 72 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q40244)
Alhoewel die woord '''maraton''' soms gebruik word om enige gebeurtenis wat lank aanhou of wat uithouvermoë verg, te beskryf, is 'n maraton tegniesgesproke 'n [[wedloop]] oor 'n afstand van 42,195 km (26 [[myl]] en 385 [[tree|treë]]).
 
Die naam van die wedloop gedenk 'n gebeurtenis toe [[Phidippides]], 'n [[Griekeland|Griekse]] soldaat wat, volgens [[Herodotus]] (boek IV, 105) 'n afstand van ongeveer 230 km (140 myl) gehardloop het vanaf die dorp [[Marathon, Griekeland|Marathon]] na [[Sparta]] om hulp te ontbied.<ref>[http://www.coolrunning.co.nz/articles/2002a007.html#appendix Vertaling van Herodotus se werk wat die verhaal vertel]</ref>
 
Die idee om die wedren te organiseer, het gekom van [[Michel Br&eacute;al]], wat die item op die program van die [[Olimpiese Somerspele 1896|Eerste Moderne Olimpiese Spele]] in [[1896]] in [[Athene]], [[Griekeland]], wou plaas. Die idee was ondersteun deur [[Pierre de Coubertin]] en die Grieke. Die Grieke het 'n keuringswedren gehou vir die Olimpiese maraton, wat gewen is deur [[Charilaos Vasilakos]]. Gedurende die eerste aantal jare was die afstand van die maraton ongeveer 40 km (25 myl), wat ook die afstand tussen Marathon en Athene is. Die [[1908]] Olimpiese maraton in Londen was aanvanklik vasgestel op 26 myl, beginnende by [[Windsorkasteel]] en met die wenstreep by die Olimpiese Stadium, maar die wedren se organiseerders het 386 treë by die roete gevoeg sodat die hardlopers voor die koninklike verhoog eindig. Hierdie afstand (42,195 km) is in [[1921]] aanvaar deur die [[Internasionale Amateur Atletiek Federasie]] ''(Engels: International Amateur Athletic Federation)'' (IAAF) as die amptelike maratonafstand.
 
Tot 1 Januarie 2004, is wêreldrekords nie amptelik erken deur die [[IAAF]] nie. Voorheen was na die beste tye vir die maraton eenvoudig verwys as die 'wêreld beste' tye. Die roete vir die maraton moet aan die [[IAAF]]-vereistes vir 'n rekord voldoen om erken te word. Die verskeie roetes, [[seevlak|hoogte-bo-seespieël]] en oppervlaktes verskil heelwat, en dus is dit moeilik om die roetes werklik te vergelyk. Tipies word die vinnigste tye vir die maraton behaal op relatiewe plat roetes naby seespieël, metin goeie weersomstandighede en met behulp van pas-aangeërspasaangeërs.
 
Die wêreldrekord vir mans oor die afstand is 2 ure 4 minute en 55 sekondes, behaal in die [[Berlynmaraton]] deur [[Paul Tergat]] op [[28 September]] [[2003]] (erken as die wêreldrekord deur die [[IAAF]] op 1 Januarie 2004).
'n Goeie oefenprogram duur ongeveer 5 tot 6 maande en die hardloopafstand word elke twee weke 'n bietjie verleng.
 
Gedurende die voorbereiding vir 'n maraton is dit belangrik om die liggaam genoeg tyd te gee om te herstel. Indien enige moegheid of pyn ervaar word, is dit nodig om 'n paar dae te rus sodat die liggaam kan herstel.
 
==Bekende maratonwedlope==
* [[Stockholm-maraton]]
 
Suid-Afrika het twee baie bekende wedlope wat wêreldwyd groot agtingaansien geniet:
* [[Twee Oseane-maraton]] in Kaapstad
* [[Comrades-maraton]] - Pietermaritzburg na/van Durban (elke jaar verander die rigting)
 
* {{en}} [http://www.marathon42k.eu www.marathon42k.eu Marathons Calendar - Europe]
* [http://nigsaworld.com/patagonian-international-marathon/ Marathon in Patagonia, Chile]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
<references />
 
[[Kategorie:Maratons| ]]
75 806

wysigings