Verskil tussen weergawes van "Louisiana"

1 greep bygevoeg ,  4 jaar gelede
(→‎Geskiedenis: Tikfout)
Louisiana was lank voor die koms van die eerste Europeërs die tuiste van stamme van die Eerste Nasies, en 'n aantal plekname verwys na die Indiaanse oorsprong van die staat.
 
Die eerste Europese ontdekkers was 'n [[Spanje|Spaanse]] ekspedisie onder die leiding van Panfilo de Narvaez, wat in die jaar [[1528]] die monding van die [[Mississippirivier]] verken het. Sowat dertien jaar later het die ekspedisie van Hernando de Soto die gebied deurkruis. Die Spaanse owerhede het min belang in die gebied gestel, en dit was Franse ontdekkers wat die streek vervolgens verken het. René Robert Cavelier de La SallehetSalle het die gebied in [[1682]] ter ere van koning [[Lodewyk XIV van Frankryk]] Louisiana genoem. Die eerste Franse nedersetting is in [[1699]] deur Pierre Le Moyne d'Iberville gestig.
[[Lêer:Riverboat 2011 New Orleans Skyline 118.jpg|thumb|links|Die stadshorison van New Orleans]]
Die Franse kolonie Louisiana het aanvanklik aanspraak gemaak op 'n groot gebied langs die oewers van die Mississippi wat tot by [[Kanada]] in die noorde gestrek het. Die nedersettings wat so ontstaan het, was meestal langs die oewers van die Mississippi en sy takriviere geleë, terwyl 'n aantal handelsposte en sendingstasies ook in die gebied van die huidige [[Illinois]] en in die omgewing van Saint Louis (Missouri) gestig is.
109 182

wysigings