Verskil tussen weergawes van "Van Riebeeck-fees"

k
→‎Seëluitstalling: taalversorging
k (→‎Seëluitstalling: taalversorging)
 
=== Seëluitstalling ===
In die Ou Drilsaal in Kaapstad is die Internasionale Seëluitstalling op [[26 Maart]] 1952 geopen deur dr. [[E.G. Jansen]], goewerneur-generaal. Die Seëlversamelaarsfederasie van Suidelike Afrika het in 1947 op sy kongres in 1947 besluit dat 'n internasionale seëluitstalling in die feesjaar in Kaapstad gehou sou word en die reëlings het reeds in 1948 begin. Die verskillende afdelings het bestaan uit onder meer die geskiedenis van die poswese in Suid-Afrika, uitstallings op uitnodiging (die ereplek is beklee deur dié van [[George VI van die Verenigde Koninkryk|koning George VI]] wat sir John Wilson opdrag gegee het om seldsame stukke uit die koninklike versameling te haal en na Kaapstad te bring), regeringsuitstallings van onder meer [[Groot-Brittanje]], [[Nederland]], [[Wes-Duitsland]] en [[België]], die afdeling vir mededingers met die Kaapse Uniale Kampioenskap en versamelings uit die res van die wêreld, en 'n afdeling vir spesiale seëls.
 
=== Sportgeleenthede ===
Daar was menigtemenige sportgeleenthede, onder meer die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap, die proefwedstryde vir die [[Olimpiese Spele]], wat op 28 en 29 Maart 1952 in die Feesstadion gehou is en waaraan twee Nederlandse kampioene, Fanny Blankers-Koen en Willie Slykhuis, ook deelgeneem het. Ander sportsoorte was bofbal, boks, [[hengel]], hokkie, jukskei (die jaarlikse nasionale toernooi in [[Bellville]]), die eindproefwedstryd op [[Nuweland]] voor die kiesingkies van die Springbok-krieketspanSpringbokkrieketspan vir die 1952-'53-toer inna [[Australië]], nasionale [[motorsport|motorwedrenne]] in [[Pinelands]], [[polo]] in [[Wynberg]], [[sagtebal]], [[Seiljagwedvaart|seiljagwedrenne]], die Suid-Afrikaanse [[swem]]- en [[duik]]kampioenskap, Curriebeker-[[waterpolo]]toernooi en proefwedstryde vir die [[Olimpiese Spele]] in die [[Seepunt]]se pawiljoen, en [[tennis]]wedstryde tussen die Westelike Provinsie en [[Australië]], asook Suid-Afrika teen Australië in [[Rondebosch]].
 
== Finale feesweek ==
Vir die finale feesweek is [[Tafelberg]] die hele week lank saans verlig. Die Lugmag het van tyd tot tyd 'n reeks lugvertonings oor die feesterrein uitgevoer en die Suid-Afrikaanse [[torpedojaer]] ''Jan van Riebeeck'', die Portugese torpedojaer ''[[Alfonso d' Albuquerque|Alfonso de Albuquerque]]'' en die Britse [[fregat]] ''Actaeon'' het welwillendheidsbesoeke aan die Tafelbaaise hawe gebring. Die finale feesweek het begin met 'n dankdag op Sondag [[30 Maart]] 1952. Die oggend om tienuur het kerke oral in die Skiereiland hul klokke gelui en toe het elke gemeente 'n spesiale Van Riebeeck-diens gehou. Om halfelf was daar 'n militêre kerkparade by die [[NG gemeente Kaapstad|Groote Kerk]] in die middestad. Die namiddag was daar 'n dankdiens vir die jeug in die Feesstadion waar die massakoor van die Skiereiland opgetree het. Dieselfde aand was daar in die Feesstadion 'n nasionale dankdiens met sang, gebed en 'n boodskap aan die volk deur die aartsbiskop van Kaapstad.
 
[[Lêer:Van Riebeeck-feesterrein.jpg|duimnael|360px|links|Die terrein aan die onderpunt van [[Adderleystraat]] waar die Van Riebeeck-fees in [[Kaapstad]] gevier is.]]
 
=== Maandag, 30 Maart ===
Die Maandagoggend het die burgemeester van Kaapstad, rdh. F. Sonnenberg, die Van Riebeeck-park aan die hange van [[Tafelberg]] ingewy. By dieselfde geleentheid het dr. [[D.F. Malan]] die proklamasie van Tafelberg as historiese monument aangekondig. Die namiddag het die poskoetse en marathonhardlopersmaratonhardlopers in die stadion aangekom. Daar was 'n optog van die atlete en kort voor vieruur 'n fanfaregeskal met die aankoms van die poskoetsgasvroue, geklee in 17de-eeuse drag (die eggenotes van kabinetsministers, die eggenote van die Leier van die Opposisie (adv. [[Koos Strauss]]), vrouelede en eggenotes van lede van die sentrale en Kaapstadse komitees). Kort hierna het die poskoetse Bloemfontein, Kaap, Durban, Germiston, Johannesburg, Pretoria en Setlaars aangekom, met die burgemeesters, burgemeestersvroue en stadsklerke van die stede wat die koetse geskenk het, en die voorsitter en ondervoorsitter en hul gades van die Kaapse Afdelingsraad daarin. Dr. [[Eben Dönges]], minister van binnelandse sake, het die verwelkoming behartig. Hierna volg 'n outydse tuinparty. Laat die namiddag was daar 'n plegtigheid in die [[Kasteel die Goeie Hoop]], waar die agt rapportryers uit [[Pretoria]] aangekom het. Die dag is afgesluit met 'n kermisaand by die Van Riebeeck-feesskou.
 
=== Dinsdag, 1 April ===
81 592

wysigings