Verskil tussen weergawes van "Airbus"

1 greep bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
→‎Geskiedenis: French spelling ( -> Études)
k (→‎Geskiedenis: French spelling ( -> Études))
[[Lêer:AvionCaravelle.jpg|thumb|regs|250px|Sud Aviation Caravelle in die kleure van SABENA]]
[[Lêer:Trident.arp.750pix.jpg|thumb|regs|250px|Hawker-Siddeley Trident]]
Op die inisiatief van [[Air France]] se direkteur-generaal, Joseph Roos, is daar in Oktober [[1965]] 'n simposium tussen elf Europese lugrederye en vervaardigers uit Frankryk, Brittanje en Duitsland in [[Londen]] gehou. Die samesprekings het tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n behoefte was aan 'n groot vliegtuig met tussen 200 en 300 sitplekke aangepas vir gebruik in Europa. [[Lufthansa]] was ten gunste van 'n aantal sitplek aan die onderkant van die skaal, BEA (British European Airways, die voorloper van [[British Airways]]) se voorkeur was iewers in die middel en Air France se voorkeur was vir 'n groter vliegtuig.<ref name =CHEAR>[http://www.chear.defense.gouv.fr/ Le Centre des Hautes EtudesÉtudes de l'Armement], [www.chear.defense.gouv.fr/fr/pdef/histoire/nv_avions_civils_II_airbus.pdf SOMMAIRE DU VOLUME II LES PROGRAMMES AIRBUS], Afgelaai op 12 Augustus 2007</ref>
 
In Mei [[1966]] kondig Edgar Pisani en Brittanje se Fred Mulley in die openbaar hulle voorneme om 'n vliegtuigontwikkelingsprogram te loods in die aan en versoek industrie om voorstelle in die verband te maak. In Julie 1966 wys hulle Sud-Aviation en Hawker Siddeley Aviation (HSA) aan as die Franse en Britse vennote in die onderneming. Op [[9 Mei]] [[1967]] vind 'n vergadering van die Franse minister van Buitelandse Sake, André Bettencourt, Britse Minister van Tegnologie, John Stonehouse, en die Duitse Minister van Ekonomie Johänn Schollhorn in [[Parys]] plaas waar regering finansiering ter waarde van 190 M£ vir die vliegtuig en en 60 M£ vir enjin toegeken word. Die bedrag vir die vliegtuig word op 'n tweede ministeriële vergadering, die keer tussen Jean Chamant, John Stonehouse en Klaus Schnetz, op [[25 Julie]] na 130 M£ verhoog.<ref name =CHEAR/> Planne is in Julie aangekondig vir die bou van 'n Europese vliegtuig. In 'n gesamentlik verklaring het die regerings verklaar dat hulle ooreengekom het om "met die doel om Europese samewerking te versterk in die gebied van lugvaattegnologie en daardeur ekonomiese en tegnologiese vooruitgang in Europa te bevorder, gepaste maatstawwe te onderneem vir die gesamentlike ontwikkeling en vervaardiging van 'n Airbus."<ref name=ABtydlyn>[http://www.airbus.com/ Airbus], [http://www.airbus.com/en/corporate/people/company_evolution/index.html The success story of Airbus - Discover the Airbus adventure], Besoek op 12 Augustus 2007 - skuif die venster oor die regte jaar en klik op die gepaste merke om die gegewe vir spesifiek gebeurtenisse te lees</ref> Die onderneming was ook daarop gemik om die Amerikaanse oorheersing van die lugvaartindustrie uit te daag.
132

wysigings