Verskil tussen weergawes van "Jaar sonder 'n somer"

493 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
kNo edit summary
Die jaar 1816 staan veral in [[Europa]] en [[Noord-Amerika]] bekend as die '''Jaar sonder somer''', 'n jaar wat deur klimatiese eienaardighede soos ongewoon koue weer gekenmerk is. Die gemiddelde globale temperature het met tussen 0,4 en 0,7 °C gedaal - 'n afkoeling wat tot misoeste en hongersnood in die [[Noordelike Halfrond]] gelei het.
 
Omstandighede dui daarop dat dié weersverskynsel 'n vulkaniese winter was wat hoofsaaklik deur die massiewe uitbarsting van die [[vulkaan]] Tambora in Nederlands-Oos-Indië in April 1815 veroorsaak is - die sterkste uitbarsting in minstens 1&nbsp;300 jaar. 'n Geskatte 150 kubieke kilometer vulkaanas, magma, gesteentes en gas is destyds in die atmosfeer geblaas. Die stofwolk het sowat 'n jaar lank uitgebrei en somertemperature het in Wes- en Suid-Europa, maar ook in groot dele van die Verenigde State somertemperature enkele jare lank merkbaar laat daal.<ref>[http://www.winterplanet.de/Sommer1816/Jos-Teil1.html#Einfuehrung ''www.winterplanet.de: 1816 - Das Jahr ohne Sommer. Besoek op 3 Mei 2015'']</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
[[Kategorie:Natuurrampe]]