Verskil tussen weergawes van "Byeboerdery"

6 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
=== Makmaak van wilde bye ===
[[Lêer:Making-skep-beehive.jpg|thumb|Vlegters in Engeland maak tradisionele strooikorwe.]]
Eens op 'n tyd het mense bye begin [[makmaak]] in kunsmatige byekorwe, naamlik hol boomstompe, houtkiste, kleivate en strooikorwe. Die makmaak van bye was goed ontwikkeld in [[Egipte]] en geseëlde heuningpotte is gevind in die grafskatte van Farao's soos Tutankhamun. Byeboerdery is ook beskryf deur die Romeinse skrywers [[Vergilius]], Gaius Julius Hyginus, Varro en Columella. Aspekte van die by-woonwyse en byeboerdery is diepgaande bespreek deur [[Aristoteles]].
 
Die argeoloog Amihai Mazar, van die Hebreeuse Universiteit in [[Jerusalem]], sê dat vondse in die ruïnes van die stad Rehov (met 2&nbsp;000 inwoners op sy tyd, Israelies en Kanaaniete) 30 heel korwe bevat het, en na 900 v.C. gedateer kan word, wat bewys dat 'n gevorderde [[heuning]]bedryf in die Heilige Land bestaan het in die tyd van die Bybel, 3&nbsp;000 jaar gelede. Die byekorwe, gemaak van strooi en ongebakte klei is gevind in ordelike rye, drie stapels hoog, in 'n kamer wat tot 100 korwe kon bevat. Ezra Marcus, 'n kenner van [[Haifa-universiteit]] sê die vondse lewer 'n blik op antieke byeboerdery soos dit bekend is uit geskrifte en antieke kuns van die Nabye Ooste. Tekens van godsdienstige praktyke was opmerklik, weens 'n altaar versier met vrugbaarheidbeeldjies wat langs die byekorwe gevind is.<ref>[http://www.livescience.com/animals/070904_ap_ancient_beehive.htmlLivescience.com, Archaeologists discover ancient beehives]</ref>
 
Die bepalende boek oor die geskiedenis van byeboerdery is 'The World History of Beekeeping and Honey Hunting' deur Eva Crane.<ref>''The World History of Beekeeping and Honey Hunting'' deur Eva Crane. (Routledge 1999) # ISBN 0-415-92467-7 # ISBN 978-0-415-92467-2, 720bls.</ref>
83 300

wysigings