Verskil tussen weergawes van "Pieter Willem Botha"

geen wysigingsopsomming nie
(+beeld)
 
== President van Suid-Afrika ==
[[Lêer:1984 PW Botha inspects the guard of honour.jpg|duimnael|links|Botha inspekteer hy die erewag saam met generaal Constand Viljoen.]]
 
In [[1983]] het Botha ’n nuwe grondwet aan die kiesers voorgelê waaroor die blanke bevolking moes stem. Dit was nog nie die federale staatsvorm wat Botha in gedagte gehad het nie, maar wel groter erkenning aan die kleurling- en Indiër gemeenskap. Volgens hierdie nuwe grondwet het Suid-Afrika ’n driekamerparlement gekry, bestaande uit die [[Raad van Verteenwoordigers]] vir die kleurlinge, die [[Raad van Afgevaardigdes]] vir die Indiërs en die [[Volksraad]] vir die blankes. Dit is hewig gekritiseer deur die swart bevolking, wat ook verteenwoordiging wou hê. Die standpunt van die regering was dat die swartes politieke verteenwoordiging gehad het via die tuislande. Volgens die nuwe grondwet sou Suid-Afrika ook ’n uitvoerende staatshoof kry. In 1984 word Botha verkies as eerste uitvoerende staatshoof (staatspresident) van Suid-Afrika.