Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

(→‎Achtergrond: Nog 'n ai!)
(→‎Agtergrond: Skakels)
Die terrein vir die Industriële Revolusie in Engeland is oor 'n lang tyd voorberei. Ten tyde van die [[Kruistogte]] (±1100 - 1200) is handelsroetes na verre lande oopgestel en het 'n handelsklas ontwikkel. In die sewentiende eeu het oorsese handel grootliks toegeneem vanweë ontdekkingsreise en die kolonisasie van die [[Amerikas]]. Handelaars het welvarend geword en 'n groot middelklas het ontwikkel, wat 'n hoër lewenstandaard tot stand gebring het.
 
Engeland het uitgemunt in die vervaardiging van wol- en katoenmateriaal, en die nuwe vraag in die land self asook in die kolonies het die Engelse tekstielbedryf bestendig laat groei. Aan die vooraand van die Industriële Revolusie was 'n stelsel in swang waarvolgens handelaars onverwerkte [[wol]] of [[katoen]] opgekoop en dit aan werkers voorsien het wat dit tuis in hul kothuise tot draad gespin en tot materiaal geweef het.
 
Met die verval van die [[feodale stelsel]] en die opbloei van die sogenaamde "kothuis"-stelsel van vervaardiging, het kleinboerdery afgeneem. Wette het dit vir welgestelde mense moontlik gemaak om verspreide lappies grond op te koop waarop dorpenaars voorheen geboer het en dit in groot plase te konsolideer. Baie dorpenaars moes hulle tot die stede wend om werk te probeer vind.