Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Boshof"

163 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
In Julie 1839 het David Stefans Fourie en sy twee skoonseuns, Gert Petrus Jacobs en Johannes Petrus van Zyl, afkomstig uit Beaufort-Wes, hul intrek geneem in daardie deel van die Vrystaat wat nou as die Boshofse distrik bekendstaan. Hierdie drie pioniers is spoedig deur ander gevolg, sodat reeds in die vroeë vyftigerjare van duie 19de eeu die westelike hoek van die Vrystaat taamlik goed deur blankes bewoon is. Groot was die beproewings wat hierdie baanbrekersgeslag gely het as gevolg van die roof- en moordtogte van verskeie inboorlingstamme, waarin veral die Boesmans onder leiding van hul kaptein, Skeel Koos, uitgemunt het.
 
Op die eerste bladsy van die eerste notuleboek van die Boshofse gemeente is in die nette handskrif van die onvergeetlike ds. [[Andrew Murray]], toenmalige predikant van [[NG gemeente Bloemfontein|Bloemfontein]], aangeteken dat 'n kommissie van die Transgariepse Ring in November 1856 na die plaas Van Wyksvallei gekom het "ter oprichting eener afzonderlijke gemeente". Hierdie gemeente sou die naam dra van "Boshof", destyds president van die Vrystaatse Republiek. Die nuwe gemeente het 'n baie groot gebied beslaan, waaruit later verskeie ander gemeentes afgestig is, naamlik [[NG gemeente Jacobsdal|Jacobsdal]] (1860), [[NG gemeente Kimberley|Kimberley]] en [[NG gemeente Dutoitspan|Dutoitspan]] (albei 1872, hoewel eintlik buite sinodale verband), [[NG gemeente Bultfontein|Bultfontein]] (1874), [[NG gemeente Hoopstad|Hoopstad]] (1876), [[NG gemeente Petrusburg|Petrusburg]] (1892), [[NG gemeente Dealesville|Dealesville]] (1904) en [[NG gemeente Hertzogville|Hertzogville]] (1917).
 
== Eerste leraar en kerkbou ==
84 871

wysigings