Verskil tussen weergawes van "Oriëntale Ortodoksie"

k
Opruim
k
k (Opruim)
{{Kantbalk Ortodoks}}
'''Oriëntale Ortodoksie''' is die geloof van die Oosterse Christelike kerke wat net die eerste drie [[ekumeniese konsilie]]s aanvaar – die [[Eerste Konsilie van Nicea]], die [[Eerste Konsilie van Konstantinopel]] en die [[Konsilie van Efese]]. Hulle verwerp die dogmatiese definisie van die [[Konsilie van Chalcedon]], wat in 451 n.C. gehou is. Daarom word dié kerke ook soms die '''Ou Oriëntale''', '''Miafisitiese''' of '''Nie-Chalcedoniese kerke''' genoem. Hulle is ook bekend as die [[Monofisitisme|Monofisitiese]] kerke, maar beskou self dié naam as onakkuraat omdat hulle die leerstellings van beide [[Nestorius]] en [[Eutyches]] verwerp het.<ref name="first seven">{{cite book|last=Davis, Society of Jesus|first=Leo Donald|title=The First Seven Ecumenical Councils (325-787): Their History and Theology (Theology and Life Series 21)|year=1990|publisher=Michael Glazier/Liturgical Press|location=Collegeville, MN|isbn=978-0-8146-5616-7|pages=342}}</ref>
 
Die kerke is in volle gemeenskap met mekaar, maar nie met die [[Oosters-Ortodokse Kerk]] nie. Versigtige samespreking om gemeenskap met laasgenoemde te herstel het in die middel van die 20ste eeu begin.<ref name="sor.cua.edu">[http://sor.cua.edu/Ecumenism/20010317oomtg4.html Syrian Orthodox Resources – Middle Eastern Oriental Orthodox Common Declaration]</ref>
Ondanks die moontlik verwarrende naam (die woord "Oriëntaal" is sinoniem met die [[Ooste]]) onderskei dit die Oriëntaal-Ortodokse kerke van die Oosters-Ortodokse Kerk. Die Oriëntaal-Ortodokse gemeenskap bestaan uit ses kerke: die Kopties-Ortodokse, Ethiopies-Ortodokse, Eritrees-Ortodokse, Siries-Ortodokse, Malankara-Ortodokse Siriese en Armeens-Apostoliese Kerk.<ref>[http://www.wcc-coe.org/wcc/what/ecumenical/ooc-e.html Oriental Orthodox Churches<!-- Bot generated title -->]</ref> Hoewel die kerke in gemeenskap met mekaar is, is hulle hiërargies onafhanklik.<ref>[http://www.pluralism.org/affiliates/student/allen/Oriental-Orthodox/Home.html An Introduction to the Oriental Orthodox Churches<!-- Bot generated title -->]</ref>
 
== Geskiedenis ==
[[Lêer:StAnthony.jpg|thumbduimnael|links|100px|Koptiese ikoon van van sint Antonius die Grote.]]
Die Oriëntaal-Ortokse kerke en die res van die [[Christendom]] het geskeur oor verskille in [[Christologie]]se terminologie. Die Eerste Konsilie van Nicea (325) het verklaar dat [[Jesus Christus]] [[God]] is, dus van dieselfde wese, en die Konsilie van Efese (431) dat Jesus, hoewel goddelik en menslik, net een persoon is. Twintig jaar ná Efese het die Konsilie van Chalcedon verklaar dat Jesus een person in twee volledige nature is: een goddelik en een menslik. Teenstanders van Chalcedon het dié leerstelling vereenselwig met die [[Nestor]]iaanse dwaalleer dat Christus twee aparte entiteite was, die een goddelik (die [[Logos]]) en die ander menslik ([[Jesus]]). Dié idee is by Efese verwerp.
 
Christologie, hoewel dit belangrik was, was nie die enigste rede dat die Alexandriese kerk geweier het om die besluite van die Konsilie van Chalcedon te aanvaar nie; warm debatte is in dié tyd gevoer oor politieke, kerklike en keiserlike kwessies.
 
In die jare ná Chalcedon het die patriarge van [[Konstantinopel]] met tussenposes in kommunie gebly met die nie-Chalcedoniese patriarge van [[Alexandrië]], [[Antiogië]] en [[Jerusalem]], maar [[Rome]] het nie. Eers in 518 het die nuwe [[Bisantium|Bisantynse]] keiser, [[Justinus I van Bisantium|Justinus I]] (wat Chalcedon aanvaar het), gelas dat die kerk in die [[Romeinse Ryk]] die konsilie se besluite aanvaar.<ref>[http://www.newadvent.org/cathen/07470a.htm Catholic Encyclopedia: Pope St. Hormisdas<!-- Bot generated title -->]</ref> Hy het opdrag gegee dat al die nie-Chalcedoniese biskoppe vervang word, ook dié in Alexandrië en Antiogië.
 
[[FileLêer:Oriental Orthodoxy by country.png|rightregs|thumbduimnael|300px|Verspreiding van Oriëntaal-Ortodokse Christene in die wêreld:'''
{{legend|#550000|Hoofgodsdiens (meer as 75%)}}
{{legend|#d40000|Meerderheid (50% - 75%)}}
Ná die skeuring het die volgende Oriëntaal-Ortodokse kerke ontstaan:
* Die '''Siries-Ortodokse Kerk''' van Antiogië, of Jakobitiese Kerk
* Die '''Kopties-Ortodokse Kerk''' (in [[Egipte]]) wat ontstaan het uit die patriargaat van Alexandrië
* Die '''Armeens-Apostoliese Kerk''', wat nie teenwoordig was by Chalcedon nie weens ’n oorlog teen [[Persië]], maar hulle het in 505 miafisitisme gekies
 
Later het ontstaan:
* Die '''Ethiopies-Otodokse Kerk'''
* Die '''Eritrees-Ortodokse Kerk'''
* Die '''Malankara-Ortodokse Siriese Kerk''' (in [[Indië]])
 
== Sien ook ==
* [[Oosters-Ortodokse Kerk]]
* [[Konsilie van Efese]]
* [[Konsilie van Chalcedon]]
* [[Miafisitisme]]
 
== Bibliografie ==
* Betts, Robert B., [http://www.anagnosis.gr/index.php?pageID=295&la=eng&page=2 ''Christians in the Arab East''], Lycabbetus Press (Athene, 1978)
* Charles, R.H. ''The Chronicle of John, Bishop of Nikiu: Translated from Zotenberg's Ethiopic Text'', 1916. Herdruk 2007. Evolution Publishing, ISBN 978-1-889758-87-9. [http://www.evolpub.com/CRE/CREseries.html#CRE4]
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.orientalorthodoxchurches.com/ Oriëntaal-Ortodokse kerke]
* [http://www.orthodoxunity.org/ Orthodox Unity]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
[[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/Oriental_Orthodoxy:Oriental Orthodoxy|Engelse Wikipedia]]</small>
 
{{DEFAULTSORT:Orientale Ortodoksie}}
[[Kategorie:Christendom]]