Verskil tussen weergawes van "Benelux"

13 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (Verplasing van 70 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q13116)
k
[[Lêer:Benelux satellite image.PNG|thumb|Satellietbeeld van die Beneluxlande]]
[[Lêer:Beneluxkaartnw.jpg|thumb|links|Provinsies van die Beneluxlande]]
'''Benelux''' is 'n ekonomiese unie in Wes-Europa wat uit die drie naburige [[monargie|monargieë]], [[België|'''Be'''lgië]], [[Nederland|'''Ne'''derland]] en [[Luxemburg|'''Lux'''emburg]] bestaan. Die naam word gevorm deur die begin van elke land se naam en is vir die Benelux Aksynsunie gevorm, maar word nou meer algemeen gebruik.
 
Die verdrag wat die '''Benelux Aksynsunie''' bekragtig, is in [[1944]] deur die regerings in ballingskap van die drie lande in [[Londen]] onderteken en het in [[1947]] van krag geword. Dit het in [[1960]] ophou bestaan en is deur die Benelux Ekonomiese Unie vervang. Dit is voorafgegaan deur die Belgies-Luxemburgse Ekonomiese Unie, wat in [[1921]] gevestig is en steeds bestaan.
 
Die stigting daarvan het bygedra tot die stigting van die [[Europese Unie]] (EU). Die onmiddelike voorafgangers tot die EU is egter later gestig (die Europese Gemeenskap vir Steenkool en Staal in [[1951]] en die [[Europese Ekonomiese Gemeenskap|EEG]] in [[1957]]). Die drie lande was ook stigterslede van die organisasies, saam met [[Wes-Duitsland]], [[Frankryk]] en [[Italië]]. Artikel 306 van die Verdrag van Rome stipuleer dat ''De bepalingen van dit Verdrag vormen geen beletsel voor het bestaan en de voltooiing van de regionale unies tussen België en Luxemburg alsmede tussen België, Luxemburg en Nederland, voorzover de doelstellingen van die regionale unies niet bereikt zijn door toepassing van dit Verdrag.'' Die artikel het onveranderd gebly as artikel IV-441 van die [[Europese Grondwet]].
84 515

wysigings