Verskil tussen weergawes van "Clive Derby-Lewis"

Geen grootteverandering nie ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(opknappings)
'''Clive John Derby-Lewis''' (gebore op [[22 Januarie]] [[1936]] in [[Kaapstad]]) is 'n voormalige [[Suid-Afrika]]anse parlementslid, eers vir die [[Nasionale Party]] en toe vir die [[Konserwatiewe Party]]. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die sluipmoord op die [[SAKP]]-leier [[Chris Hani]]. Hy het die vuurwapen waarmee die misdaad gepleeg is aan [[Janusz Walus]] verskaf. Derby-Lewis het in sy getuienis verklaar dat hy nie geweet het dat Waluś die wapen wou gebruik om Hani te skiet nie. Beide het aanvanklik die [[doodstraf]] ontvang, maar dit is na lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf afgeskaf is.
 
Derby-Lewis is in 2008 vir gewone parool en daarna vir mediese parool aanbeveel, maar die owerhede het volstrek geweier om dit uit te voer. Derby-Lewis het die hof herhaaldelik genader om die onregmatige weiering van sy parool te betwis. Op 29 Mei 2015 het regter Selby Baqwa beveel dat die gevangenisdiens, die Minister van Korrektiewekorrektiewe dienste, en die Mediese paroolraad Derby-Lewis se paroolvoorwaardes teen 5 Junie moet vasstel. Die staat is ook gelas om sy regskoste te betaal.<ref>[http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/hof-beslis-derby-lewis-moet-op-mediese-parool-vrygelaat-word/ Hof beslis Derby-Lewis moet op mediese parool vrygelaat word], [[Maroela Media]], 29 Mei 2015</ref>
 
Hy het reeds 21 jaar tronkstraf uitgedien en ly aan fase-4 kanker.
84 234

wysigings