Verskil tussen weergawes van "Motordryfuitleg"

6 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
 
== Agterwielaandrywing ==
By agterwielaandrywing (RWD) is die enjin tipies aan die voorkant van die voertuig en die dryfwiele agter geplaas, 'n opset bekend as 'n FRVA-uitleg. 'n Voorste midenjin-, agtermiddelenjin- en agterenjinof uitlegteagterenjinuitleg kan ook gebruik word. Dit was die tradisionele motordryfuitleg vir die meeste voertuie tot in die 1970-80s.
 
Byna alle motorfietse en fietse gebruik agterwielaandrywing, hetsy deur 'n dryfas, ketting of band; aangesien die voorwiel ook as stuur moet dien, en dit baie moeilik en omslagtig sou wees om 'n draaimeganisme aan 'n voordryfwiel te plaas.
 
=== Voordele ===
* Eweredige massaverspreiding - die uitleg van 'n agterwielaangedrewe motor is baie nader aan die ideale voor/agter-massaverspreiding as 'n voorwielaangedrewe motor, omrede meer van die enjin tussen die voor- en agterwiele lê (in die geval van 'n mid-enjinuitleg, die hele enjin), en die middelpuntswaartepunt is baie verder agtertoe geskuif.
* Gewigoordrag tydens versnelling - Gedurendegedurende swaar versnelling, is die gewig op die agterste, of dryfwiele, geplaas, wat die greep verbeter.
* Geen wringteenstuur nie.
* Draaisirkel - met geen ingewikkelde dryfasgewrigte aan die voorwiele, is dit moontlik om die wiele verder links of regs te draai as wat moontlik sou wees met voorwielaandrywing. Dit lewer 'n kleiner stuurradius (draaisirkel) vir 'n motor met 'n gegewe asafstand.
* Beter hantering in die hande van 'n kenner - die beter gewigsverspreiding verbeter die hantering van die motor. Die voorste en agterste bande word onder dieselfde las geplaas, wat beter greep toelaat terwyl daar gedraai word.
* Beter remvermoë - die beter gewigsverspreiding help voorkom dat die agterwiele sluit onder swaarharde rem.
* Sleep - Agterwielaandrywingagterwielaandrywing plaas die wiele wat die las trek nader aan die punt waar die sleepwa artikuleer. Dit is veral behulpsaam met die stuur, veral vir groot vragte.
 
=== Nadele ===
* Agtergeneigde massaverspreiding wanneer vol gelaai. 'n Agterwieldryfmotor se swaartepunt verskuif agtertoe wanneer dit swaar gelaai word met passasiers of vrag, wat onvoorspelbare hantering in die hande van 'n onervare bestuurder kan veroorsaak. Dit moet deeglik in ag gehougeneem word met agterenjinmotors, wat uiteraard agterbevooroordeeld is.
* Hoër aanvanklike koopprys - Moderne agterwieldryfvoertuie is gewoonlik duurder as vergelykbare voorwieldryfvoertuie. Deel van hierdie kan verklaar word deur die bykomende koste van die materiaal en arbeid in die montering van VA-uitlegte, omdat die dryfstelsel nie 'n kompakte eenheid vorm nie. Dit kan egter meer waarskynlik verklaar word deur laer produksievolumes, aangesien die meeste agterwielmotors in die sport/prestasie/luukse kategorie sorteer (met kragtiger enjins), terwyl die VV-uitleg tipies is van massa-geproduseerde hoofstroommotors.
 
84 507

wysigings