Verskil tussen weergawes van "Süleyman I"

9 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
Opruim
k (→‎Verwysings: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|en}} (7) using AWB (10861))
k (Opruim)
|naam = Süleyman I
|kleur = #C3B091
|titel = ''Sultan van die Ottomaanse Ryk <br />Kalief van Islam''
|beeld = EmperorSuleiman.jpg
|beeld_wydte = 150px
|1 = Kanuni Sultan Süleyman Han
|opskrif2 = Ottomaanse naam
|2 = سليمان
|opskrif3 = Tydperk
|3 = 1520&ndash;1566 1520–1566
|opskrif4 = Stadium
|4 = Groei van die Ottomaanse Ryk
|opskrif5 = Huis
|5 = [[Huis van Osman|Osman]]
|opskrif6 = Voorganger
}}
 
'''Süleyman I''' (Ottomaanse Turks: سليمان, moderne [[Turks]]: I.Süleyman; [[6 November]] [[1494]] &ndash; 5/6/7 September [[1566]]), was van 1520 tot met sy dood in 1566 sultan van die [[Ottomaanse Ryk]]. Hy was die tiende sultan en die een wat die langste geregeer het (46 jaar).
 
Hy was in die Weste bekend as '''Süleyman die Manjifieke'''<ref>Merriman</ref> en in die Ooste as '''die Wetmaker''' (Turks: ''Kanuni'') omdat hy die hele Ottomaanse regstelsel verander het. Hy het sy leërs persoonlik aangevoer om die [[Christendom|Christelike]] vestings van [[Belgrado]], [[Rhodos]] en die grootste deel van [[Hongarye]] te verower. Hy het groot dele van die [[Midde-Ooste]] ingepalm tydens sy konflik met die [[Persië]]rs, asook groot dele van Noord-[[Afrika]] tot by [[Algerië]].
 
Die Ottomaanse Ryk het sy hoogtepunt as wêreldmag bereik gedurende sy heerskappy. Alhoewel die ryk nog uitgebrei het vir 'n eeu na sy dood, is dié periode gevolg deur 'n baie lang periode van agteruitgang.
 
== Lewensloop ==
[[Lêer:Ottoman empire.svg|thumbduimnael|links|Die [[Ottomaanse Ryk]] in sy grootste uitbreiding onder sultan Süleyman I in 1529.]]
Süleyman I is gebore in Trabzon, [[Turkye]]. Van sy sewende jaar bestudeer hy wetenskap, geskiedenis, literatuur, teologie en militêre tegnieke in die skole van die Istanbul-paleis. Reeds as kind doen hy ondervinding van regeringswerk op as goewerneur van verskeie provinsies. Dit sluit in Bolu in Noord-[[Anatolië]], en sy moeder se tuisprovinsie Kaffa op die Krim-skiereiland, waar hy op die ouderdom van 15 jaar goewerneur was.
 
In die daaropvolgende twee dekades word omvangryke gebiede van Noord-[[Afrika]], tot en met [[Marokko]], en die Midde-Ooste tot by [[Persië]] geannekseer. Hierdie vinnige uitbreidings word grootliks toegeskryf aan die Ottomaanse vloot se oorheersing van die [[Middellandse See]], [[Rooisee]] en [[Persiese Golf]]. In [[1562]] het hy Transsilvanië verower. Hy was nie so suksesvol in [[1565]] toe die [[Ridders van Malta]] daarin slaag om die beleg van [[Malta]] te beëindig nie. Die beleg het van 18 Mei tot 8 September geduur.
 
Terwyl Süleyman buite die Ottomaanse Ryk as gevaarlik beskou is, is hy binne die Ottomaanse Ryk beskou as 'n regverdige heerser. Hy word beskou as iemand wat korrupsie beveg het en het as 'n beskermheer van kunstenaars en filosowe opgetree. Hy word ook beskou as een van die grootste [[Islam]]itiese digters en 'n begaafde goudsmid.
 
Süleyman sterf in [[1566]], die nag voor die oorwinning tydens die Slag van Szigetvar, in Hongarye. Hy is saam met sy vrou, Roxelana (Khourrem), in 'n mausoleum in die [[Süleymaniye-moskee]] in [[Istanboel]] begrawe.
 
Ten tyde van sy dood was die belangrikste Moslem-stede ([[Mekka]], [[Medina]], [[Jerusalem]], [[Damaskus]] en [[Bagdad]]), verskeie Balkan-provinsies tot by vandag se [[Oostenryk]], en die grootste deel van Noord-Afrika onder beheer van die Ottomaanse Ryk.
 
== Verwysings ==
:''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Suleiman |I]]
{{Verwysings}}
* {{cite book |last=Merriman|first=Roger Bigelow |title=Suleiman the Magnificent, 1520–1566|location=Cambridge, Massachusetts |publisher=Harvard University Press|year=1944|oclc=784228}}
{{Ottomaanse sultans}}
 
{{DEFAULTSORT:Suleyman I}}
[[Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk]]