Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

59 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
== Kookkuns ==
[[Lêer:Yulelog.jpg|duimnael|'n Tradisionele ''bûche de Noël'']]
Naas sy natuurskoon en ryk kulturele erfenis is dit Quebec se gastronomiese tradisies wat van die provinsie 'n gewilde trekpleister vir Noord-Amerikaanse en oorsese fynproewers maak. Ondanks sterk Italiaanse, Asiatiese, Middel-Oosterse en Amerikaanse invloede is Quebec se eetgewoontes diep gewortel in die kookkuns van sy Franse moederland. Die 17de eeuse setlaars, wat hulle in die destydse Nieu-Frankryk gevestig het, het hul tradisionele kookgereedskap - kookpotte en -panne wat van gietyster gemaak is - saamgebring waarin eenvoudige plattelandse kos berei is. Hierdie tradisie is later ook deur Ierse immigrante gedeel.
 
Die lewe in 'n vreemde omgewing is vir die eerste setlaars verder bemoeilik deur Quebec se lang en bitter koue winters. Daar was baie monde om te voed, maar min kos beskikbaar. Die vroeë Kanadese het die voorkeur gegee aan kos met 'n hoë voedingswaarde, soos in Quebec se gunstelingdisse steeds weerspieël word. Die meeste gesinne het die tradisionele resepte van hul voorvaders bewaar om hulle aan nuwe generasies oor te dra.
99 445

wysigings