Sikloop: Verskil tussen weergawes

Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
k
Homerus na Homeros
(Skakel)
k (Homerus na Homeros)
[[Image:Redon.cyclops.jpg|right|thumb|''Le Cyclope'', Odilon Redon (1840-1916).]]
’n '''Sikloop''' of '''eenoog''' ([[Grieks]]: κύκλωψ; "ronde-oog" van κύκλος, "sirkel", en ὤψ, "oog") is ’n figuur uit die [[Griekse mitologie]]. Siklope is woeste reuse met net een oog. Hulle woon saam op die helling van die [[berg Etna]] op [[Sisilië]], ver weg van die beskaafde wêreld. Hulle leef van landbou en veeteelt en het baie skape. Volgens [[HomerusHomeros]] eet hulle ook kinders.
 
Die eerste siklope, [[Steropes]], [[Brontes]] en [[Arges]], was die kinders van [[Gaia (mitologie)|Gaia]] en [[Uranus (mitologie)|Uranus]]. Hulle was die assistente van die god van die grofsmede, [[Hephaistos]]. Hulle het vir [[Zeus]] sy weerligstraal, vir [[Poseidon]] sy drietandvurk en vir [[Hades]] sy onsigbaarheidshelm gemaak.
 
In die ''[[Odussee]]'' van HomerusHomeros kom [[Odusseus]] in een van sy omswerwinge op ’n eiland van die siklope uit. Hy word saam met twaalf van sy manne gevange geneem en in die grot van die sikloop [[Polyphemos]], ’n seun van Poseidon, aangehou. Polyphemos eet elke dag twee van Odusseus se manne op. Nadat hulle hom een aand dronk gemaak en sy oog uitgesteek het, vlug Odusseus en die res van sy manne eindelik.
 
== Verwysings ==
2 970

wysigings