Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

8 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
k
k (Verwyder skakels na jaargetalle)
Die sekelmane, wat op die wapen saamgeweef is, is die klein wapen of simbool van Bordeaux, en hulle het hul oorsprong in die simboliese sekelmaan wat slegs op die stadswapen verskyn. Hulle is ook deur [[Diane de Poitiers]], die geliefde van koning [[Hendrik II van Frankryk]], as haar simbool gebruik. Die drie sekels word al enkele eeue lank gebruik en verskyn dikwels op fasades, klere en ander voorwerpe.
 
Die wapen is teen die middel van die 17de eeu vir die eerste keer gebruik. In die [[18de eeu]] is dit gereeld vertoon soos byvoorbeeld by die Saint-Projet-fontein (1736). Vandag verskyn die wapen orals en merk daarnaas onopvallend feitlik alles wat in besit van die Stad Bordeaux is.
 
Bordeaux gebruik 'n muurkroon met sewe goue tinne as sy kroon (dit verwys na Bordeaux as 'n eersterangse stad). In plaas van hierdie muurkroon word op die stadswapen dikwels 'n grawekroon gebruik - dit verwys na die feit dat Bordeaux se ''jurade'' (die stadsraad onder die ''Ancien Régime'') sedert die [[16de eeu]] ook die graafskap Ornon (wat grootliks met die huidige dorpe Gradignan en Villenave d'Ornon ooreenkom) geregeer het. Bordeaux is daarnaas een van slegs drie munisipaliteite in Frankryk wat nog steeds 'n adellike titel uit die tydperk voor die [[Franse Rewolusie]] dra.
 
== Geografie ==