Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

61 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
[[Lêer:Bordeaux Pont de Pierre.jpg|duimnael|250px|Die ''Pont de Pierre'']]
[[Lêer:Bordeaux Grand Hotel R01.jpg|duimnael|250px|Grand Hotel op die plein ''Place de la Comédie'']]
[[Lêer:Place de la Bourse, Bordeaux, de nuitFrance.jpg|duimnael|450px250px|''Place de la Bourse'', met die ''Miroir d'Eau'' ("Waterspieël") in die voorgrond]]
As gevolg van die Franse Rewolusie het Bordeaux se bloeitydperk skielik tot 'n einde gekom. Nadat net soos in Parys die plaaslike gevangenis, die Château de la Trompette, deur 'n woedende menigte gestorm is, het rewolusionêres die mag in Bordeaux oorgeneem. In 1790 het Bordeaux die hoofstad van die nuutgeskepte département Gironde geword. Die burgerlik-liberale afgevaardigdes, wat destyds as [[Girondiste]] bekend gestaan het, was een van die belangrikste politieke groepe in die nasionale vergadering en het aanvanklik groot invloed uitgeoefen, soos byvoorbeeld by die opstel van die Verklaring van Menseregte en die nuwe Franse grondwet.
 
Die bevolking van Bordeaux het in hierdie tydperk aansienlik gegroei, en rondom die Middeleeuse stadskern op die Garonne se linkeroewer het tussen die Cours en die Boulevard nuwe voorstede ontstaan. Die tradisionele woonbuurte van die welvarende burgery lê vandag nog steeds in die noordweste en suidweste van Bordeaux, terwyl kleinburgers en die werkersklas daartussen gewoon het. Die regteroewer het daarenteen net stadig ontwikkel. Tydens die nywerheidsomwenteling het die meeste groot nywerhede hulle hier en in die hawebuurt gevestig. Gelyktydig het ook Bordeaux se kuns- en literêre lewe 'n opswaai beleef, en kunstenaars soos die skilder Francisco de Goya en die skrywer Stendhal het hulle in die stad gevestig.
 
[[Lêer:Place de la Bourse Bordeaux de nuit.jpg|duimnael|450px|''Place de la Bourse'']]
Bordeaux is net in 'n beperkte mate deur die nywerheidsomwenteling geraak. Sommige van die eerste spoorweglyne is vanuit Bordeaux gebou, en die stad het die vervoersentrum van twee plaaslike spoorwegmaatskappye geword. Maar slegs Bordeaux se glasnywerhede het tot 'n beduidende bedryf ontwikkel nadat bottels die tradisionele wynvate vir uitvoerdoeleindes vervang het. Die taamlik klein plaaslike proletariaat het dus nooit 'n beduidende rol in die maatskaplike en politieke lewe gespeel nie.