Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Wysigings deur 41.133.31.238 teruggerol na laaste weergawe deur Puvircho
| kaptein = {{vlagikoon|RSA}} [[Pierre Spies]]<br />{{vlagikoon|RSA}}[[Dewald Potgieter]]
| gestig = 1997
| ligging = [[TshwanePretoria]], [[Suid-Afrika]]
| streek = [[TshwanePretoria]], [[Gauteng]], [[Limpopoprovinsie]]
| stadion = [[Loftus Versfeld]]
| kapasiteit = 51&nbsp;,762
}}
 
Die '''Bulls''' (weens borgskapredes bekend as die '''[[Vodacom]] Bulls''') is ’n [[Suid-Afrikaanse]] [[rugby]]span wat sedert 1996 aan [[Superrugby]] deelneem. Die konsessie sluit [[TshwanePretoria]], die [[Limpopoprovinsie]] en die Oosrand in. In terme van [[Curriebeker]]spanne kom die Bullsspelers van die [[Blou Bulle]], [[Pumas]] en [[Valke]] af. Hulle tuiswedstryde word op [[Loftus Versfeld]] in [[TshwanePretoria]] gespeel. Die huidige kaptein is [[Pierre Spies]], maar hy is per geleentheid deur [[Dewald Potgieter]] afgelos.
 
==Geskiedenis==
2007 was een van die Bulls se beste seisoene en hulle het 11 van hul rondomtaliewedstryde gewen. In die laaste ronde moes die Bulls met 72 punte teen die [[Reds (Superrugbyspan)|Reds]] wen om ’n tuishalfeindstryd te verseker. Hulle het die Reds met 92 - 3 gewen (die grootste oorwinning tot nog toe in Superrugby) wat beteken het dat hulle tweede op die punteleër geëindig het. Dit het ook beteken dat die Bulls ’n tuishalfeindstryd<ref name=semi>{{en}} {{Cite web| publisher=Reuters|title=Rugby-Bulls blitz Reds 92-3 to earn home semi-final |url=http://uk.reuters.com/article/rugbyNews/idUKL0562960320070505 |date=2007-05-05 |accessdate=2007-05-06}}</ref> teen die wenners van die vorige seisoen, die Crusaders, behaal het. Die Bulls het die wedstryd met 27 - 12 gewen en hulle het na Durban gereis vir die eindstryd teen die [[Sharks (Superrugbyspan)|Sharks]]. Die Bulls wen ’n spannende wedstryd na meer as 80 minute met ’n doelskop van [[Derick Hougaard]]. Nadat die sirene die einde van die wedstryd afgekondig het het [[François Steyn]] van die Sharks besluit om die bal in spel te hou. Hy het die bal vorentoe geskop, [[Bryan Habana]] het die bal bemeester en deurgehardloop om die wendrie te druk. Derick Hougaard moes die drie verdoel om die telling 20 - 19 te maak. Die Bulls het in daardie jaar die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat die Superrugbykompetisie kon wen.
 
Die volgende jaar het die Bulls nie daarin geslaag om hul titel suksesvol te verdedig nie en het die seisoen afgesluit met ’n tiende plek. In 2009 het die Bulls verbeter op hul sukses van 2007 en het tien wedstryde gewen om bo-aan die punteleër geëindig. Die Bulls moes weer teen die Crusaders speel in die halfeindronde en het die wedstryd in TshwanePretoria met 36 - 23 gewen. Daarna het hulle teen die [[Chiefs (Superrugbyspan)|Chiefs]] in die eindrondte gespeel. Dit was ’n eensydige wedstryd wat die Bulls met 61 - 17 gewen het.
 
== Konsessiegebied ==
Die konsessie is gesentreer om die [[Blou Bulle|Blou Bulle Rugbyunie]] (TshwanePretoria en die [[Limpopoprovinsie]]) maar kry ook spelers van die Valke (wat die Oosrand verteenwoordig). Tot 2005 het die konsessie ook spelers van die Pumas ([[Mpumalanga]]) en die Luiperds ([[Noordwes]]) getrek, maar met die herskikking van die Suid-Afrikaanse konsessies vir die 2006 seisoen, is hierdie twee unies geskuif na die Cats (later die [[Lions (Superrugbyspan)|Lions]]).
 
== Tuisveld ==
Die Bulls speel al hul tuiswedstryde op [[Loftus Versfeld]] in [[TshwanePretoria]], wat ook die tuiste van die [[Blou Bulle]] in die [[Curriebeker]]reeks is. Die [[Springbokke]] speel gereeld hier rugby en die stadion was ook gebruik tydens die [[Rugbywêreldbeker 1995]]. Die stadion is sedert 1908 in gebruik en in 1932 is die veld vernoem na [[Robert Loftus Owen Versfeld]], die stigter van georganiseerde rugby in TshwanePretoria.<ref>{{en}} {{Cite web| publisher=SouthAfrica.info|title=Sports stadiums in South Africa |url=http://www.southafrica.info/ess_info/sa_glance/sports/stadiums.htm |accessdate=2007-05-06}}</ref><ref>{{en}} {{Cite web| publisher=Vodacom Blue Bulls|title=Loftus Versfeld - History|url=http://www.bluebull.co.za/default.asp?cId=6119&des=content |accessdate=2007-05-06}}</ref> Die stadion het sitplek vir 51, 762 mense.
 
== Seisoenbepalings ==