Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

63 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
 
== Geskiedenis ==
[[Lêer:TorontoAmalgamation1834to1998Animated.gif|thumb|links|250px|Die groei van Toronto tussen 1834 en 1998]]
[[Lêer:Bay Street May 2010.jpg|duimnael|links|Bay-straat met die ou stadsaal in die agtergrond]]
Die Wyandot (Hurone), een van die Eerste Nasies, wat teen die oewers van die [[Ontariomeer]] gewoon het, het die gebied van die huidige Toronto ''Tarantua'' of "vergaderplek" genoem. Vanuit hierdie plek het die Hurone hul bote in 'n lang ''portage'' na die Simcoe-meer en verder tot by die [[Huronmeer]] gedra. Die Franse het in 1615 vir die eerste keer met die plaaslike Eerste Nasies in aanraking gekom.
 
Die eerste Europese nedersetting was die Franse Fort Rouillé, wat in die jaar [[1750]] opgerig is. Tog het die grootskaalse Europese immigrasie eers met die [[Amerikaanse Rewolusie]] begin, toe 'n groot aantal lojaliste hulle in die omgewing begin vestig het. In [[1793]] het die stad, wat in daardie tydperk nog sy historiese naam York gedra het, die hoofstad van die nuwe kolonie Bo-Kanada geword.
 
In [[1834]] het York - destyds 'n dorp met sowat 10 000 inwoners - stadstatus gekry en sy naam gewysig tot Toronto. Die stad het 'n bestendige groei gedurende die [[19de eeu]] getoon en het een van die vernaamste bestemmings van immigrante in Kanada geword. Omtrent [[1900]] het Toronto se bevolking reeds 'n kwart miljoen beloop. Die groot aantal immigrante het Toronto se ekonomiese groei in die tydperk ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] bevorder. In [[1953]] het Toronto en omliggende dorpe hulle saamgesluit tot die metropolitaanse gebied van Toronto, ''Metropolitan Toronto''.
[[Lêer:TorontoAmalgamation1834to1998Animated.gif|thumb|links|250px|Die groei van Toronto tussen 1834 en 1998]]
 
Teen die tweede helfte van die [[20ste eeu]] het Toronto Montreal as die ekonomiese sentrum van Kanada en sy grootste stad verbygesteek, veral omdat baie Engelstalige ondernemings in Montréal hulle hoofkwartiere as gevolg van die verfransingsbeleid in Quebec na Toronto verskuif het. Die stad het derhalwe in die 1970's en 1980's tot Kanada se ekonomiese metropool ontwikkel.
In [[1834]] het York - destyds 'n dorp met sowat 10 000 inwoners - stadstatus gekry en sy naam gewysig tot Toronto. Die stad het 'n bestendige groei gedurende die [[19de eeu]] getoon en het een van die vernaamste bestemmings van immigrante in Kanada geword. Omtrent [[1900]] het Toronto se bevolking reeds 'n kwart miljoen beloop. Die groot aantal immigrante het Toronto se ekonomiese groei in die tydperk ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] bevorder. In [[1953]] het Toronto en omliggende dorpe hulle saamgesluit tot die metropolitaanse gebied van Toronto, ''Metropolitan Toronto''.
 
Teen die tweede helfte van die [[20ste eeu]] het Toronto Montreal as die ekonomiese sentrum van Kanada en sy grootste stad verbygesteek, veral omdat baie Engelstalige ondernemings in Montréal hulle hoofkwartiere as gevolg van die verfransingsbeleid in Quebec na Toronto verskuif het. Die stad het derhalwe in die 1970's en 1980's tot Kanada se ekonomiese metropool ontwikkel.
 
Volgens 'n verslag van die [[Verenigde Nasies]] het Toronto tans die tweede grootste persentasie immigrante na Miami (Florida, Verenigde State). Naastenby die helfte van die inwoners is in die buiteland gebore, en woonbuurte soos Chinatown, Little Italy, Greektown of Koreatown getuig van Toronto se etniese diversiteit.
99 545

wysigings