Verskil tussen weergawes van "Louisiana"

7 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
 
Die eerste Europese ontdekkers was 'n [[Spanje|Spaanse]] ekspedisie onder die leiding van Panfilo de Narvaez, wat in 1528 die monding van die [[Mississippirivier]] verken het. Sowat dertien jaar later het die ekspedisie van Hernando de Soto die gebied deurkruis. Die Spaanse owerhede het min belang in die gebied gestel, en dit was Franse ontdekkers wat die streek vervolgens verken het. René Robert Cavelier de La Salle het die gebied in 1682 ter ere van koning [[Lodewyk XIV van Frankryk]] Louisiana genoem. Die eerste Franse nedersetting is in 1699 deur Pierre Le Moyne d'Iberville gestig.
[[Lêer:Riverboat 2011 New Orleans Skyline 118.jpg|thumbduimnael|links|Die stadshorison van New Orleans]]
[[Lêer:Louisiana ref 2001.jpg|thumbduimnael|links|250px|Kaart van Louisiana]]
Die Franse kolonie Louisiana het aanvanklik aanspraak gemaak op 'n groot gebied langs die oewers van die Mississippi wat tot by [[Kanada]] in die noorde gestrek het. Die nedersettings wat so ontstaan het, was meestal langs die oewers van die Mississippi en sy takriviere geleë, terwyl 'n aantal handelsposte en sendingstasies ook in die gebied van die huidige [[Illinois]] en in die omgewing van Saint Louis (Missouri) gestig is.
 
 
In die oorloë teen die Britte en Indiane het Frankryk die grootste gedeelte van sy gebiede oos van die Mississippi verloor, met die uitsondering van die omgewing van New Orleans en die parogieë rondom die Pontchartrainmeer. Die res van Louisiana het volgens die Verdrag van Fontainebleau in 1762 'n Spaanse kolonie geword.
 
[[Lêer:Louisiana ref 2001.jpg|thumb|links|250px|Kaart van Louisiana]]
Onder Spaanse heerskappy het 'n paar duisend Franstalige vlugtelinge, wat deur die Britte uit Akadië verdryf is, Louisiana hulle nuwe tuiste gemaak. Die Akadiërs het hulle veral in die gebied van die suidwestelike bayous gevestig en later as die Cajuns bekend gestaan.