Verskil tussen weergawes van "Airbus"

25 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
In Mei [[1966]] kondig Edgar Pisani en Brittanje se Fred Mulley hulle voorneme aan om 'n vliegtuigontwikkelingsprogram te loods en versoek die industrie om voorstelle in die verband te maak. In Julie 1966 wys hulle Sud-Aviation en Hawker Siddeley Aviation (HSA) aan as die Franse en Britse vennote in die onderneming. Op 9 Mei 1967 vind 'n vergadering van die Franse minister van Buitelandse Sake, André Bettencourt, Britse Minister van Tegnologie, John Stonehouse, en die Duitse Minister van Ekonomie Johänn Schollhorn in [[Parys]] plaas waar regeringsfinansiering ter waarde van 190 M£ vir die vliegtuig en 60 M£ vir die enjins toegeken word. Die bedrag vir die vliegtuig word op 'n tweede ministeriële vergadering, die keer tussen Jean Chamant, John Stonehouse en Klaus Schnetz, op [[25 Julie]] na 130 M£ verhoog.<ref name =CHEAR/> Planne is in Julie aangekondig vir die bou van 'n Europese vliegtuig. In 'n gesamentlike verklaring het die regerings verklaar dat hulle ooreengekom het om "met die doel om Europese samewerking te versterk in die gebied van lugvaarttegnologie en daardeur ekonomiese en tegnologiese vooruitgang in Europa te bevorder, gepaste maatstawwe te onderneem vir die gesamentlike ontwikkeling en vervaardiging van 'n Airbus."<ref name=ABtydlyn>[http://www.airbus.com/ Airbus], [http://www.airbus.com/en/corporate/people/company_evolution/index.html The success story of Airbus - Discover the Airbus adventure], Besoek op 12 Augustus 2007 - skuif die muis oor die regte jaar en klik op die gepaste merke om die gegewe vir spesifiek gebeurtenisse te lees</ref> Die onderneming was ook daarop gemik om die Amerikaanse oorheersing van die lugvaartindustrie uit te daag.
 
Op 26 September 1967 het ministers Jean Chamant, John Stonehouse en Klaus Schnetz die Franse, Britse en Duitse regerings in [[Lancaster Huis]] in Londen 'n ooreenkoms onderteken vir die ontwikkeling van 'n nuwe 300-sitplek wyeromppassasiersvliegtuig wat die Europese Airbus genoem sou word.<ref name =CHEAR/><ref name=ABtydlyn/> Die ooreenkoms het beide die ontwikkeling van die Airbus vliegtuig en die Rolls Royce RB207 enjin wat spesifiek daarvoor ontwerp is voorsien. Die vliegtuig wat voorgestel is moes 'n kapsitietkapasiteit van tussen 250 en 300 sitplekke met "verminderde gemak" hê, 'n reikafstand van 2 000&nbsp;km teen volle vrag, 30% laer bedryfskoste as die Boeing 727-100 en gereed wees vir ingebruikneming in die noordelike lente van [[1973]].<ref name =CHEAR/>
 
Gedurende die daaropvolgende spesifikasiebepalingsfase toon gesprekke met lugrederye spoedig aan dat die spartaanse gemakspesifikasies nie aanvaarbaar is nie. Die herspesifikasie van die vliegtuig om passasiersgemak te verbeter het tot 'n verhoging in massa en koste van die vliegtuig gelei. Die bedryfskoste per passasier, waaroor ooreengekom is, kon net behaal word deur groter kapasiteit, wat weer sterker enjins sou benodig. Die nuwe spesifikasies sou slegs haalbaar wees met die beplande RB207 wat die programontwikkeling geheel en al afhanklik van [[Rolls-Royce plc|Rolls-Royce]] en die Britse regering sou maak.<ref name =CHEAR/>
Na 'n laaste poging van die Franse minister Jean Chamant om Brittanje by die Airbusprogram betrokke te hou, bevestig die Britse minister Wedgwood Benn finaal Brittanje se onttrekking uit die Airbusprogram op 10 April 1969 en verklaar dat die land eerder wou fokus op die ontwikkeling van die RB211 enjin vir die L-1011 program. Op 29 Mei 1969 teken die Franse Minister van Vervoer, Jean Chamant, en die Duitse Minister van Ekonomie, Karl Schiller, by die Paryse lugskou in 'n maket van die A300B se romp 'n ooreenkoms tussen die regerings vir die ontwikkeling van die Airbus A330B. Die ooreenkoms is vervolgens deur die maatskappypresidente Henri Ziegler van Sud Aviation en Bernhart Weinhardt van Deutsche Airbus onderteken.<ref name =CHEAR/>
 
GegeeGegewe die deelname van Hawker Siddeley tot op daardie stadium, was Frankryk en Duitsland huiwerig om die vlerkontwerp oor te neem. Die Britse maatskappy is dus toegelaat om as 'n hoofsubkontrakteur voort te gaan.<ref name =CHEAR/>
 
=== Vorming van Airbus en bekendstelling van die A300 ===
[[Lêer:Airbus A300 B2 Zero-G.jpg|duimnael|250px|links|[[Airbus A300]], die eerste vliegtuigmodel wat deur Airbus vrygestel is.]]
[[Lêer:Airbus-A300B4-605R-D-AIAW.jpg|duimnael|links|250px|'n Lufthansa Airbus A300B4]]
In September 1970 het Airbus sy eerste potensiële bestelling ontvang in die vorm van 'n geskrewe belofte van [[Air France]] vir die aankoop van ses A300B2's. Airbus Industrie is in Desember 1970 formeel gestig na 'n ooreenkoms tussen [[Sud-Aviation]] ([[Frankryk]]) en Deutsche Airbus—opsigself 'n [[Duitsland|Duitse]] lug- en ruimtevaartkonsortium wat bestaan het uit [[Bölkow]], [[Dornier]], [[Flugzeug-Union Süd]], [[Hamburger Flugzeugbau|HFB]], [[Messerschmitt]], [[TG Siebelwerke]], en [[Vereinigte Flugtechnische Werke|VFW]].<ref name="flugrevue_airbus_story">"[http://www.flug-revue.rotor.com/FRheft/FRH0002/FR0002d.htm The Airbus Story]." Burgner, N. ''Flug Revue''. 10 Januarie 2000.</ref> Die groepering is in 1972 aangevul deur [[Construcciones Aeronáuticas SA|CASA]] van [[Spanje]]. Elke maatskappy sou sy onderdele as volledig toegeruste vlieggereedkomponente aflewer. Die naam "Airbus" is afkomstig van 'n term wat algemeen in die 1960's deur die lugvaartindustrie gebruik is om na kommersiële vliegtuie met 'n sekere grootte en vlugbereik te verwys.<ref name=ABtydlyn/>
 
In November 1971 word [[''Air France]]'' amptelik Airbus se eerste kliënt met die bestelling van ses A300B2's en nog ses verdere opsies. Die A300B2 was 'n 270-sitplek verlengde weergawe van die A300B wat deur Air France versoek is. Die volgende bestelling sou eers in Mei 1973 deur Lufthansa vir drie vliegtuie en vier verdere opsies wees.<ref name="flugrevue_airbus_story"/> Ook in November 1971 het Airbus die eerste [[Super Guppy]]-vragvliegtuig in gebruik geneem. Die vliegtuig wat gebaseer is op die Boeing 377 Stratocruiser het 'n oplossing gebied vir die logistieke uitdaging om groot vliegtuigonderdele uit verskillende dele van Europa vir finale montering na [[Toulouse]] te vervoer.<ref name=ABtydlyn/>
 
In Januarie 1972 word die A300B4, 'n langafstandweergawe van die A300 geloods en in September van dieselfde jaar verskyn die eerste A300B1 voor 'n groot skare uit die monteerlyn in Toulouse in 'n seremonie waarin die [[Concorde|Concorde 02]] ook sy verskyning maak. Op 28 Oktober 1972 het die A300 se nooiensvlug plaasgevind. Dit is gevolg deur die nooiensvlug van die A300B2 in Junie 1973.<ref name=ABtydlyn/>
[[Lêer:Air Berlin Airbus A320-200 EC-KBQ DUS.jpg|duimnael|links|250px|Air Berlin Airbus A320-200]]
[[Lêer:Airbus-a321-100-lufthansa.jpg|duimnael|regs|250px|Airbus A321-100 van Lufthansa wat by Kopenhagen land]]
[[Lêer:Airbus A319-111 - EasyJet Airline - G-EZED - LEMD - 20050305163322b.jpg|thumbduimnael|regs|250px|EasyJet Airbus A319-111 by Madrid Barajas Lughawe]]
Die bekendstelling van die [[Airbus A320|A320]] in Februarie 1981 sou die status van Airbus as 'n belangrike speler in die vliegtuigmark bevestig - daar was meer as 400 bestellings op die boek voor dit vir die eerste keer gevlieg het, in vergelyking met 15 vir die A300 in 1972. Die A320 was 'n 150-sitplek enkelgangpassasiersvliegtuig. In Junie 1981 het Air France by die Paryse lugskou aangekondig dat die lugredery 25 A320's sou bestel en 'n opsie uitneem vir nog 25. In Oktober 1983 het British Caledonian Airways sewe A320's bestel en opsies vir nog drie uitgeneem wat die aantal bestellings na meer as tagtig verhoog het.
 
[[Lêer:Airbus A300 Beluga Pryde.jpg|duimnael|250px|links|Airbus Beluga bo [[Hamburg]], 13 September 2005]]
[[Lêer:Aircanada.a330-300.c-ghkr.arp.jpg|duimnael|250px|'n Air Canada Airbus A330-300 wat by [[Londen-Heathrow Lughawe]] land.]]
[[Lêer:Air.jamaica.a340-300.6y-jmp.arp.jpg|duimnael|250px|Air Jamaica Airbus A340-300 wat by [[Londen-Heathrow Lughawe]] land.]]
In Junie 1987 het Airbus sy produkreeks uitgebrei met die loods van drie nuwe vliegtuie, die A330-300, die A340-200 en die A340-300. Die twee-motorige A330-300 was gemik daarop om Airbus se posisie in die medium- tot langafstand mark te versterk en die viermotorige A340 modelle was daarop gemik om Airbus vir die eerste keer in staat te stel om die baie-langafstand mark te beproef.
 
Die A330-300, A340-200 en die A340-300 kom in baie opsigte ooreen. Die vliegtuie het byna dieselfde stelsels, lugraam, vliegdek en vlerke. Die belangrikste verskil tussen die A330 en die A340 is dat die A340 vier motore het. Die A330-300 is dan ook Airbus se grootste twee-motorige vliegtuig. Ander verskille tussen die A330 en A340 is klein verskille in die vlerkontwerp en brandstoftenks. Die A330 en A340 gebruik van die tegnologië wat vir die eerste keer op die A320 gebruik is soos die EFIS vliegdek met systuurstange en gerekenarisseerde elektroniese vlugbeheer. Die vliegtuie is in parallel ontwikkel. Die A340-300 se eerste vlug het op 25 Oktober 1991 plaasgevind, die A340-200 op 1 April 1992 en die A330-300 se eerste vlug op 2 November 1992.<ref>[http://www.airliners.net/ Airliners.net], [http://www.airliners.net/info/stats.main?id=27 The Airbus A340-200/300], Besoek op 18 Augustus 2007</ref><ref>[http://www.airliners.net/ Airliners.net], [http://www.airliners.net/info/stats.main?id=25 The Airbus A330-300], Besoek op 18 Augustus 2007</ref>
 
In Augustus 1991 is die A300-600 Super Transporter, wat as die ''[[Airbus Beluga|Beluga]]'' bekend sou word, as gevolg van die kenmerkende vorm van die vliegtuig, geloods. Die Beluga is 'n aangepaste A300 wat ontwikkel is om komponente van Airbusvliegtuie tussen die verskeie fabrieke in Europa te vervoer. Die Beluga is tweekeer so groot as die [[''Super Guppy]]'' wat dit voorafgegaan het. Dit kan die onderdele van 'n hele A340 in 19 vliegure hanteer teenoor die Super Guppy wat 54 ure geneem het.
[[Lêer:A340600JM.jpg|duimnael|250px|Airbus A340-600 by die Farnborough Lugskou, 2006.]]
 
=== Airbus A340-500/600 ===
::''Hoofartikel: [[Airbus A340]]''
[[Lêer:South African AW A340-600 ZS-SNE.jpg|duimnael|links|250px|Suid-Afrikaanse Lugdiens A340-600 in Frankfurt (EDDF)]]
Die A340-500 en A340-600 is twee nuwe ultralangafstand weergawes in die Airbus A340-familie. Die A340-600 is 9.07&nbsp;m langer as die A340-300 wat dit toelaat om 372 passasiers in 'n tipese drie-klas konfigurasie te vervoer. Met die vliegtuig het Airbus 'n ware mededinger vir die Boeing 747 bekom, met soortgelyke afstandreik, maar beter bedryfskoste per sitplek. Die A340-500 is slegs 3,.19&nbsp;m langer as die A340-300 met 313 passasiers in drie klasse, maar met die reuse afstandreik van 15,&nbsp;740&nbsp;km - die verste van enige kommersiële vliegtuig ter wêreld. Die A340-500 kan onderbroke van [[Los Angeles]] na [[Singapoer]] vlieg.
 
Die twee nuwe A340 modelle deel dieselfde vlerk wat op die A330/A340 se vlerk gegrond is, maar 1,.6&nbsp;m langer is en 'n tapse vlerkstuk-insetsel het wat die vlerkoppervlak en brandstofkapasiteit vermeerder. Die vliegtuie gebruik ook Airbus se tweeman-stuurkajuit met 'n aantal verbeteringe op ouer modelle soos [[LCD|vloeikristalvertone]] en ander moderner stelsels. Die A340-500/600 is in 1997 by die Paryse Lugskou bekendgestel. In Desember 1997 het [[Virgin Atlantic]] agt A340-600's bestel en 'n opsie uitgeneem vir nog agt. Die A340-600 se nooiensvlug was op 23 April 2001 en die A340-500 s'n op 11 Februarie 2002.
 
=== Stigting van EADS en die A380 program ===
 
Airbus was 'n redelike los alliansie tot in 2000 toe groot samesmeltings in die industrie plaasgevind het. [[DaimlerChrysler Aerospace]] (opvolger tot Deutsche Airbus), [[Aérospatiale-Matra]] (opvolger tot Sud-Aviation) en CASA het saamgesmelt om [[EADS]] te vromvorm. In 2001 het BAE Systems (voorheen British Aerospace) en EADS die '''Airbus Integrated Company''' gevorm wat saamgeval het met die ontwikkeling van die nuwe [[Airbus A380]] wat 845 passasiers salsou kankon vervoer en die grootste kommersiële passasiersstralerpassasierstraler salwas wees wanneertoe dit laat in 2007 ingebruik geneem sal wordis.<ref>[http://www.airbus.com/en/presscentre/pressreleases/pressreleases_items/06_10_03_a380_delays_company_restructuring_plan.html Airbus confirms further A380 delay and launches company restructuring plan] - airbus press release</ref>.
 
=== Airbus A350 ===
::''Hoofartikel: [[Airbus A350 XWB]]''
[[Lêer:AIB A350 F-WXWB 17jun14 LFBO-2.jpg|duimnael|250px|Die Airbus A350XWB]]
Die [[Airbus A350 XWB]] is 'n nuwe langafstand, mediumgrootte, ekstrawyeromp vliegtuigfamilie wat tans deur Airbus ontwikkel word. Dit is bedoel om met die [[Boeing 777]] en [[Boeing 787 Dreamliner]] mee te ding. Die vliegtuig ingebruik geneem is in 2015 het 'n geheel-en-al nuwe ontwerp met 'n wyer en hoër romp vir ekstra ruimte en beter passasiersgemak.<ref name=AB-A350>[http://www.airbus.com/ Airbus], [http://www.airbus.com/en/aircraftfamilies/a350/ A350 XWB Xtra Wide Body], besoek op 18 Augustus 2007</ref>
80 439

wysigings