Verskil tussen weergawes van "Krugerrand"

27 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(+ Beeld & Eksterne skakels)
[[Lêer:Krugerrand (8437358973).jpg|duimnael|'n Krugerrand wat in 2012 gemunt is.]]
 
Die '''Krugerrand''' is 'n [[Suid-Afrika]]anse goudmuntstuk[[goue muntstuk]] wat in die jaar [[1967]] vir die eerste keer uitgereik is en veral daarop gemik was om Suid-Afrikaanse [[goud]] in die buiteland te bemark. Die Krugerrand is 'n wettige betaalmiddel in Suid-Afrika, alhoewel dit nie werklik as 'n [[geldeenheid]] bedoel wasis nie.
 
Die goudmunt se naam is afgelei van die portretbeeld van [[Paul Kruger]], president van die [[Transvaal|Zuid-Afrikaansche Republiek]] (ZAR), op die voorkant, terwyl 'n [[springbok]], een van Suid-Afrika se nasionale simboleembleme, op die agterkant pryk. Die naam "Suid-Afrika" en die goudinhoud word in twee landstale, [[Afrikaans]] en [[Engels]], aangedui.
 
Die Krugerrand was die eerste staafgoudmunt wat teen die markwaarde van sy goudinhoud gehandelverhandel is. By ander, ouer goudmunte soos die [[Verenigde Koninkryk|Britse]] ''Gold Sovereign'' is die waarde wat hulle as betaalmiddel het, op die voorkant ingegraveer, en dit kon aansienlik verskil van die waarde van hulle goudinhoud.
 
Die Krugerrand was ook die eerste goudmunt wat presies een [[fynons]] [[goud]] bevat het en op privaat beleggersprivaatbeleggers gemik was. Deurdat hulle tot wettige betaalmiddel verklaar is, kon ook burgers van die [[Verenigde State]] ook die Krugerrande wettig aankoop. Die privaatbesit van staafgoud was in die Verenigde State verbode, terwyl buitelandse goudmunte nie deur hierdie verbod geraak is nie.
 
In die tydperk tussen 1967 en [[1969]] is jaarliks 40 000 Krugerrandmunte by die Munt in Pretoria geslaan en in [[1970]] is die aantal Krugerrande verhoog tot 211 018 munte. Die miljoenkerf is in [[1974]] met 3,2 miljoen munte verbygesteek en in [[1978]] is die rekordgetal van meer as ses miljoen Krugerrande uitgereik. Drie bykomende groottes van 'n halwe, 'n kwart en 'n tiende fynons is in [[1980]] ingevoer.
 
As gevolg van sanksies teenweens [[apartheid]] is die invoer van Krugerrand-goudmunte in die sewentiger- en tagtigerjare in 'n aantal Westerse lande verbied en eers in die tydperk tussen [[1990]] en [[1994]] weer toegelaat. Die produksie van Krugerrande het skerp gedaal en in 1995 sy laagtepunt met net 8 285 een-ons-munte bereik. Die laagtepunt vir die hele reeks Krugerrande was 23 277 munte in [[1998]]. Die jaarlikse produksiesyfers het sedert [[2000]] weer duidelikaansienlik gestyg, alhoewel hulle nie meerweer die vlak van vóór die sanksies bereik het nie. Altesame 54,5 miljoen munte is sedert 1967 verkoop.
 
{| width=130 cellpadding="5" cellspacing="0" style="float:right; margin:1em; border:1px solid #8BA8CF; background:white;"
Oorspronklik is die Krugerrand teen 'n aansienlike premie van vyf persent bo die waarde van sy goudinhoud verkoop en slegs een grootte, wat een fynons of 31,1035 gram goud bevat het, is aangebied. Intussen word Krugerrande in verskillende groottes aangebied, en die premie is nou net een persent of minder bo die markprys van goud.
 
Aangesien die Krugerrand uit 'n legering van 91,67 persent (of 22 [[karaat]]) puresuiwer goud bestaan, weeg die munt in der waarheid 1,0909 fynonse of 33,93 gram. Die res van die goudmunt se massa bestaan uit 2,826 gram [[koper]], wat aan die Krugerrand sy duidelikduidelike [[oranje (kleur)|oranje kleur]] gee (in teenstelling met ander goudmunte, wat uit 'n silwerlegering bestaan). Legerings word gebruik om goudmunte harder en duursamer en sodoende ook bestand teen skrapies te maak.
 
Die sukses van die Krugerrand het daartoe gelei dat ook ander goudproduserende lande hulle eie goudmunte uitgereik het, waaronder die [[Kanada|Kanadese]] ''Gold Maple Leaf'' ([[1979]]), die [[Australië|Australiese]] ''Nugget'' ([[1981]]) en die Amerikaanse ''Gold Eagle'' ([[1986]]).
 
In [[2006]] is ter geleentheid van 'n numismatiese tentoonstelling vir die eerste keer 500 stelle Krugerrand-munteKrugerrandmunte in alleal vier groottes in die buiteland geslaan. Die [[Berlyn]]se Staatsmunt in [[Duitsland]] het die munte gemeenskaplik met die Suid-Afrikaanse Munt uitgereik. 'n Spesiale Krugerrand-muntKrugerrandmunt in die stel vereer die Duitse skepper van die Krugerrand, die Berlyner Otto Schultz.
 
{| class="wikitable"
89 285

wysigings