Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

Ek wonder of ek al die wildsbokke in die [[:Kategorie:Bovidae]] in 'n Kategorie:Wildsbokke kan gaan sit. Dis nie regtig 'n taksonomiese groepering nie, maar sal hulle darem bymekaarhou. Wat dink julle? [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 17:48, 24 Junie 2015 (UTC)
:Ek hou van jou voorstel - inligting word sodoende georden en leservriendelik aangebied. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 17:53, 24 Junie 2015 (UTC)
 
== Help om Wikipedia Android en iOS toepassing te vertaal ==
 
Hallo almal,
 
Ek is laas week gewys daarop dat die Wikipedia toepassing vir Android en iOS se Afrikaanse vertaling onvolledig is. Hierdie was van 'n gebruiker wat op toer die toepassing gebruik het en dinge soos "Quick Facts" i.p.v "Vinnige feite" gesien het terwyl hy artikels in Afrikaans lees.
 
Ek het op translatewiki.net opgemerk dat slegs 24% van die stelselboodskappe vertaal is. Ek het die res vertaal maar sal graag dat een van julle, wat dalk ook rekening op translatewiki.net het, die vertalings gaan kontroleer. Die projek is "Wikimedia Mobile Apps".
 
Dankie,
 
[[Gebruiker:Arnobarnard|Arno]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 08:59, 25 Junie 2015 (UTC)
5 652

wysigings