Verskil tussen weergawes van "Kanaal"

126 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Canal de la Peyrade, Sète, Hérault 01.jpg|duimnael|Die ''Canal de la Peyrade'' in Sète, [[Hérault (département)|Hérault]], [[Frankryk]].]]
 
'n '''Kanaal''' is 'n kunsmatig aangelêde [[water]]weg. Mense bou al etlike eeue lank kanale vir die vervoer van swaar goedere in [[skipboot|skepebote]] ofen [[bootskip|boteskepe]]. Kanale word ook vir [[besproeiing]] of [[hidroëlektrisiteit]] gebruik. Die kante van kanale is soms met klei of beton versterk.
 
Kanale verbind gewoonlik [[meer|mere]], [[rivier]]e of [[oseaan|oseane]]. Die [[Panamakanaal]] is 'n voorbeeld van 'n bekende kanaal wat die [[Atlantiese Oseaan]] met die [[Stille Oseaan]] verbind. Die [[Sueskanaal]] verbind die [[Middellandse See]] met die [[Rooi See]].
[[Lêer:Finowkanal-treidel.jpg|duimnael|links|Perde word gebruik om 'n sleepboot te trek.]]
 
Die eerste kanale is gebruik om water na landerye aan te lê. Vroeë beskawings, soos in [[Antieke Egipte]] en [[Mesopotamië]], het reeds kanale vir besproeiing aangelêgebruik. In [[Sjina]] met mense begin om riviere bevaarbaar te maak deur water op te dam, asook riviere te verdiep en te verbreed. Later het mense begin om nuwe kanale te grawe sodat meanders (kronkels) en vlak gedeeltes uitgesny kon word. Hulle het ook begin om sluise aante installeer om die watervlak te beheer.
 
Die eerste kanale wat vir die vervoer van goedere gebruik is, was relatief klein. Bote het nie enjins gehad nie en moes meestal deur mense of [[perd]]e van die kant af getrek word. Paaie is soms langs kanale hiervoor aangelê. In die 19de eeu is [[stoomenjin|stoombote]] gebruik om sleepbote oor breër riviere te trek of te stoot. Na die [[Tweede Wêreldoorlog]] is skepe met enjins op kanale gebruik, en het die skepe al groter begin word. Talle kanale is verbreed en klein skepe wat nie meer winsgewend was nie is deur groter skepe vervang.
 
Voor die koms van spoorweë was dit aansienlik goedkoper en vinniger om goedere oor water as oor land te vervoer. Vervoer oor kanale is mettertyd deur spoorweë en later met [[pad|snelweë]] en [[vliegtuig|vlugroetes]] aangevul of vervang.
 
== Eksterne skakels ==
* {{Commonskat-inlyn|Canals}}
 
{{Saadjie}}
 
[[Kategorie:Kanale| ]]