Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

3 grepe bygevoeg, 4 jaar gelede
k
Meksiko is volgens die grondwet van 1917 ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met die president as regeringshoof en hoogste verteenwoordiger van dié staat. Die grondwet het tydens die Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) ontstaan en is deur ’n grondwetgewende vergadering uitgewerk. Dit vorm ’n kompromis tussen verskeie belanghebbendes en bevat dus anti-klerklike, nasionale, anti-imperialistiese, republikeinse, paternalistiese en sosiale-hervormings-elemente. Daarbenewens omvat die grondwet liberale elemente soos burgerregte, wetlike sekuriteit, universele stemreg, staatswelsyn en die waarborg van private eiendom.<ref>{{de}} {{cite book|last=Stüwe|first=Klaus|coauthors=Stefan Rinke|title=Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung.|publisher=VS Verlag für Sozialwissenschaften|location=Wiesbaden|year=2008|isbn=978-3-531-14252-4|pages=392}}</ref>
 
Die president word vir een ses-jaar termynsesjaartermyn, die ''sexenio'' verkies, en. ’n herverkiesingHerverkiesing is volgens die grondwet verbode. ’n Voortydige einde van die ampstermyn is nie moontlik nie en tree net by die afsterwe van die president in werking.
 
Die president kombineer ’n baie hoë gesag. Hy het die inisiatiefreg in die wetgewende proses en die vetoreg by die wetgewende inisiatiewe van die kongres. Verder is hy die opperbevelvoerder van die Meksikaanse weermag, benoem die hoogste range, ’n aantal staatsamptenare en die Prokureur-generaal. Met die goedkeuring van die kongres en die ministersraad kan die Meksikaanse president 'n noodtoestand verklaar. Hy het die inisiatiefreg vir oorlogsverklaring, stel riglyne vir buitelandse beleid voor en onderteken internasionale verdrae.<ref>{{de}} {{cite book|last=Stüwe|first=Klaus|coauthors=Stefan Rinke|title=Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung.|publisher=VS Verlag für Sozialwissenschaften|location=Wiesbaden|year=2008|isbn=978-3-531-14252-4|pages=394}}</ref>
10 369

wysigings