Verskil tussen weergawes van "Louisiana"

30 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
Die Amerikaanse owerhede het die kolonie Louisiana in twee gebiede verdeel: Die Orleans-gebied, wat in 1812 die deelstaat Louisiana gevorm het, en die distrik van Louisiana met alle geweste buite die Orleans-gebied. Die Florida-parogieë is deur 'n proklamasie van president [[James Madison]] in die jaar 1810 van die Spaanse Wes-Florida geannekseer. Die westelike grenslyn tussen Louisiana en die Spaanse Texas het tot met die Adams-Onis-verdrag van 1819 omstrede gebly. Die vrystaat Sabine het tussentyds as 'n buffersone en toevlugsoord vir misdadigers gedien.
 
As 'n oorblyfsel van sy verlede as Franse besitting handhaaf die deelstaat Louisiana nog steeds 'n burgerlike wetboek, wat op die Code Civil van Louisiana baseer en min of meer met Frankryk se wetboek, die Code Napoléon, vergelyk kan word. Anders as die ander deelstate is Louisiana nie in ''counties'' onderverdeel nie, maar gebruik die termin ''parogieë'', soos uit die Franse tydperk oorgeërf. Daar is 64 parogieë.
[[Lêer:Louisiana State Capitol 2012.jpg|thumb|regs|Die ''State Capitol'' van Louisiana in Baton Rouge]]
[[Lêer:Baton Rouge Louisiana waterfront aerial view.jpg|thumb|Die hoofstad Baton Rouge is aan die Mississippirivier geleë]]
102 223

wysigings