Verskil tussen weergawes van "Lüderitz"

4 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
k
k (Hersien)
 
== Geskiedenis ==
Die [[Portugal|Portugese]] seevaarder [[Bartolomeus Dias|Bartolomeu Diaz]] was die eerste Europeër wat in 1487 in 'n nabygeleë baai suid van die huidige dorp voet aan wal gesit en 'n tradisionele steenkruis met wapen op die Lüderitz-skiereiland se Diazpunt opgerig het. Die oorspronklike kruis ([[Portugees]]: ''padrão'') was as gevolg van erosie sterk verweer en is in [[1929]] deur 'n repliek vervang. Die ou Portugese origineel word tans in 'n [[Kaapstad]]se museum vertoon.
[[Beeld:Luderitz, Diaz-Point, Gr. Bucht.jpg|duimnael|links|250px|Diazpunt naby Lüderitz]]
Die Bremense tabakhandelaar Adolf Lüderitz het in 1883 in Angra Pequeñabaai (die latere Lüderitzbaai) geland. Sy medewerker en vennoot Heinrich Vogelsang het van die plaaslike Orlam-hoof Josef Frederiks 'n gebied met 'n lengte van 40 myl en 'n wydte van 20 myl gekoop om hier 'n handelspos te stig. Die hoof het 100 goudpond en 250 gewere ontvang en was daarvan oortuig dat hy eintlik 'n gebied met 'n lengte van 70 en 'n wydte van 35 kilometer aan die Duitsers sou verkoop het. Nadat hy die ooreenkoms onderteken het, het die Duitse koopmans egter daarop verwys dat hulle nie ''Engelse'' myl (wat gelykstaan aan 1,6 kilometer) bedoel het nie, maar ''Pruisiese'' myl (7,5 kilometer) – Frederiks het sodoende die grootste deel van sy stamgebied van 300 by 150 kilometer verkoop.