Verskil tussen weergawes van "Lüderitz"

137 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
k
 
== Geskiedenis ==
=== Europese verkenning ===
Die [[Portugal|Portugese]] seevaarder [[Bartolomeus Dias|Bartolomeu Diaz]] was die eerste Europeër wat in 1487 in 'n nabygeleë baai suid van die huidige dorp voet aan wal gesit en 'n tradisionele steenkruis met wapen op die Lüderitz-skiereiland se Diazpunt opgerig het. Die oorspronklike kruis ([[Portugees]]: ''padrão'') was as gevolg van erosie sterk verweer en is in 1929 deur 'n repliek vervang. Die ou Portugese origineel word tans in 'n [[Kaapstad]]se museum vertoon.
[[Beeld:Luderitz, Diaz-Point, Gr. Bucht.jpg|duimnael|links|250px|Diazpunt naby Lüderitz]]
 
=== Stigting van 'n Duitse handelspos ===
Die Bremense tabakhandelaar Adolf Lüderitz het in 1883 in Angra Pequeñabaai (die latere Lüderitzbaai) geland. Sy medewerker en vennoot Heinrich Vogelsang het van die plaaslike Orlam-hoof Josef Frederiks 'n gebied met 'n lengte van 40 myl en 'n wydte van 20 myl gekoop om hier 'n handelspos te stig. Die hoof het 100 goudpond en 250 gewere ontvang en was daarvan oortuig dat hy eintlik 'n gebied met 'n lengte van 70 en 'n wydte van 35 kilometer aan die Duitsers sou verkoop het. Nadat hy die ooreenkoms onderteken het, het die Duitse koopmans egter daarop verwys dat hulle nie ''Engelse'' myl (wat gelykstaan aan 1,6 kilometer) bedoel het nie, maar ''Pruisiese'' myl (7,5 kilometer) – Frederiks het sodoende die grootste deel van sy stamgebied van 300 by 150 kilometer verkoop.
 
Die land is nogtans as waardeloos beskou, en Lüderitz het eintlik gehoop om hier grondstowwe te kan ontgin. Sy mynbou-eksplorasies het egter op niks uitgeloop nie. Lüderitz het uiteindelik in finansiële moeilikhede beland en sy omvangryke grondbesit in 1885 aan die Duitse Koloniaalmaatskappy van Suidwes-Afrika verkoop.
 
=== Koloniale Duitse bewind ===
Die dorp het eers met die veldtog teen die Nama-stam geleidelik begin groei toe hier in 1904 Duitse troepe gestasioneer is. Lüderitz het in hierdie tydperk veral vir die [[konsentrasiekamp]] bekend gestaan wat hier vir Orlam- en Nama-gevangenes en hul familielede opgerig is. Van die sowat 2 000 gevangenes het as gevolg van die slegte higiëniese en ongunstige klimaattoestande net sowat 450 oorleef. Eers nadat Duitse sendelinge daarop gedring het dat die kamp gesluit moes word, is dit na die binneland verskuif.
[[Beeld:Görke-Haus Lüderitz.jpg|duimnael|links|250px|Die Görke-huis, 'n pragtige voorbeeld van Lüderitz se koloniale Duitse boustyl]]
Lüderitz het in die volgende jare tot 'n besige handelshawe ontwikkel. Danksy die mynbou, talle immigrante wat die land binnegestroom en die diamantedorp Kolmannskuppe gestig het, het Lüderitz 'n welvarende dorp geword.
 
=== 20ste en vroeë 21ste eeu ===
Toe die winsgewende diamanteontginning in 1920 na die suide van die land verskuif is, het Lüderitz sy ekonomiese rol as 'n mynbousentrum kwytgeraak. Die plaaslike ekonomie het nou op 'n kleinskaalse [[vis]]serybedryf en 'n aantal klein skeepswerwe gesteun. Danksy die karakoelteelt in die suide van die land het ook 'n aantal tapytwewers hulle hier gevestig. Nogtans het Lüderitz se toekoms minder rooskleurig gelyk.