Verskil tussen weergawes van "Rupert Museum"

5 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Opruim
(Nuwe bladsy geskep met 'Die '''Rupert Museum''' in Stellenbosch huisves 'n kunsversameling van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse en buitelandse skilderye en beeldhouwerke. ==Ligging== Die museum...')
 
(Opruim)
Die '''Rupert Museum''' in [[Stellenbosch]] huisves 'n kunsversameling van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse en buitelandse skilderye en beeldhouwerke.
 
== Ligging ==
Die museum is geleë in Stellentialaan, aan die heel westelike punt van Dorpstraat.
 
== Pierneef ==
Die 32 “stasiepanele” wat [[Pierneef]] tussen 1929 en 1932 vir die Johannesburgse stasie in opdrag van die [[Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens]] geskilder het, is hierheen oorgeplaas.
 
== Ander kunstenaars ==
[[Irma Stern]] word hier verteenwoordig deur 27 werke. Ook word klem gelê op werke van [[Cecil Higgs]], [[Maggie Laubser]], [[Jean Welz]] en [[Anton van Wouw]]. Verder is hier skilderye en beeldhouwerke van [[Käthe Kollwitz]], [[Maurice van Essche]], [[Frans Oerder]], [[Wolf Kibel]], [[Nel Erasmus]], [[Erik Laubscher]], [[Georgina Ormiston]], [[Hugo Naudé]], [[Walter Battiss]], [[Bettie Cilliers-Barnard]], [[Ezrom Legae]], [[Sydney Khumalo]], [[Cecil Skotnes]], [[Alexis Preller]], [[Adolph Jentsch]], [[Nita Spilhaus]], [[W. H. Coetzer,]] [[Stanley Pinker]], [[Penny Siopsis]], [[Willie Bester]], [[Antoine Bourdelle]], [[Ernest Mancoba]], [[Carl Büchner]], [[Strat Caldecott]] en Alexander en Marianne [[Podlashuc]]. [[F.D. Dunlop]] het twee teëlpanele gelewer wat Suid-Afrikaanse flora uitbeeld.
 
== Geskiedenis ==
Hierdie versameling het in die 1940's begin as die privaat kolleksie van dr. [[Anton Rupert]] en sy vrou Huberthe. Die gebou is spesiaal daarvoor ontwerp en het in Februarie 2005 vir die publiek geopen.
 
[[Kategorie: StellenboschMuseums]]
 
[[Kategorie: MuseumsStellenbosch]]
[[Kategorie: Stellenbosch]]