Verskil tussen weergawes van "Klas 34-000-diesellokomotief"

Skakel
(Skakel)
Hulle is toegerus met 'n vierslag-V12-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n [[wisselstroom]]altenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme.
 
Die [[Klas 34-200-diesellokomotief|34-200]], 34-600 en 34-800 reekse is verskaf deur ''Electromotive Division of General Motors'' sedert 1971. Die 34-200 reeks is in sy geheel ingevoer terwyl die res in Suid-Afrika vervaardig is. Die vervaardiger se nommer is GT26MC.
 
Hulle is toegerus met 'n tweeslag-V16-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf.