Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

20 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Met sy [[Koöperasiestories]] wat as ’n reeks op televisie uitgesaai is, kruip Pieter nog dieper in die harte van die Suid-Afrikaners. Hy was saam met [[Jan Spies]] die aanbieder van die ewe gewilde televisieprogram [[Spies en Plessie – met permissie]], waardeur persoonlikhede soos [[Tolla van der Merwe]], [[Koos Meyer]], [[Danny Pretorius]], [[Nico Nel]] en Pyp de Villiers in die volksmond bekend geword het.
 
In 1987 stig Pieter sy eie rolprentmaatskappy saam met die filmmaker Albie Venter. Films soos [[Nag van die negentiende]], [[Liewe hemelHemel, Genis!]] en [[Koöperasie-storiesKoöperasiestories]]: die moewie vloei uit sy pen. '''Nag van die negentiende''' spog met akteurs soos [[Embeth Davidtz]], [[Shaleen Surtie-Richards]], [[Jacques Loots]], [[Marcel van Heerden]], [[Dawid Minnaar]] en andere. [[Koos Roets]] was die regisseur.
 
Intussen vestig Pieter en sy vrou Marie hulle op ’n plaas, Sémoér, by Rysmierbult net duskant [[Ventersdorp]]. Hier boer Marie en kan Pieter sy liefde vir houtwerk uitleef. Intussen gaan hy voort met die skryf van televisiedraaiboeke soos TJ 7 en ’n Rand ’n droom, wat albei medaljes van die Akademie ontvang, en '''Die Maplotters''', wat minder goed ontvang is. Pieter erken dat sommige van die episodes daarvan sy swakste werk ooit was. In 1999 word sy stuk '''Inkleurboek vir twee''' opgevoer met [[Annelisa Weiland]] en [[Frantz Dobrowsky]] in die rolle. Dit is Pieter se eerste toneelstuk vir die verhoog in tien jaar. Na die [[KKNK]] is dit ook in Pretoria en Johannesburg opgevoer.
 
In 2004 skryf hy '''Nagkantoor''', wat ’n poging was om die mens agter die sanger en liedjieskrywer [[Koos du Plessis]] beter te leer ken. Marcel van Heerden en Frantz Dobrowsky is die twee akteurs wat ’n tweegesprek voer met Van Heerden as ’n joernalis wat grafskrifte skryf en Dobrowsky wat net bekend is as Die Man. In 2007 word twee van sy skeppings, '''Andries Plak''' en '''Dryfsand''', op televisie uitgesaai en in 2008 word die epiese '''Feast of the Uninvited''', wat die [[Anglo-Boereoorlog]] as sentrale tema het, uitgesaai. Dryfsand ontvang in 2007 die ATKV-Televisieprys vir Beste Draaiboek vir ’n Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama, Beste Regisseur (Koos Roets), sowel as Beste Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama.
69 924

wysigings