Verskil tussen weergawes van "Merino"

35 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Merino ram.JPG|duimnael|regs|'n Merinoram]]
 
Die '''merinoskaap''' is een van die bekendste [[skaap]]rasse ter wêreld. Merino's is veral bekend vir die kwaliteit van hulle [[wol]], hoewel hulle ook vir [[vleisskaapvleis|vleisproduksie]]produksie aangehou word. Daar is twee soorte merinoskape: die met lang spiraalvormige horings (wat naby die kop groei) en die sonder horings (soms is klein stompies sigbaar).<ref>{{cite web|url=http://www.numei.com/aboutmerinowool.htm|title=Merino wool|work=Vanaf numei.com}}</ref> Die [[ooi]]e dra egter nie horings nie (net die [[mannetjie|ramme]]).
 
Die ras is oorspronklik van [[Alentejo]] in die suide van [[Portugal]] afkomstig, vanwaar dit aan [[Spanje]] bekendgestel is. Die wol van die skaap was reeds in die [[Middeleeue]] hoog aangeskryf. Vandag word merino's steeds as een van skaaprasse met die mooiste en sagste wol beskou.
 
Danksy die skaap se geplooide vel produseer dit ongeveer vyf kilogram wol per jaar. 'n Merino groei gemiddeld tien keer soveel haartjies per vierkante sentimeter as ander skape. Hulle is egter nie net vir die hoeveelheid wol wat hulle lewer bekend nie, maar ook vir die wol se kwaliteit. Die wol het 'n fyn tekstuur en is daarom vir verskeie toepassings geskik. Dit word onder meer vir gordyne en die maak van [[klere]] aangewend. Omdat dit nie krapperig of jeukerig is nie, word die wol veral vir [[sport]]drag gebruik.
83 299

wysigings