Verskil tussen weergawes van "Hoopstad"

72 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
 
:''Hierdie artikel handel oor die dorp "Hoopstad", in die [[Vrystaat]]. Sien asseblief [[Hopetown]] vir die gelyknamige dorp in die [[Noord-Kaap]].''
'''Hoopstad''' is 'n dorpie aan die [[Vetrivier]] in die provinsie [[Vrystaat]], sowat 31 km suidwes van die rivier se samevloeiing met die [[Vaalrivier]] en 90 km wes van [[Welkom]]. Die dorp bedien 'n [[landbou|boerderystreek]] waarin met [[Afrikanerbees]]te en saaigewasse, veral [[mielie]]s, [[koring]] en [[grondbone]], geboer word. Daar is ook een nywerheidsgebied naasliggend tot die nasionale pad na die [[Vrystaatse Goudveld|Goudveld]] en [[Bloemfontein]]. Die [[NG Kerk|NG kerkgebou]] is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Daar is 'n buiteklub wat voorsiening maak vir allerlei sportsoorte, asook ander geriewe vir [[rugby]], [[tennis]], [[swem]] en [[atletiek]]. Voor die nuwe munisipale bedeling in werking getree het, was die munisipale gebied 2&nbsp;962 hektaar groot. Hoopstad en die lokasie '''Tikwana''' se bevolking was saam 16&nbsp;033 in [[2011]] gewees <ref> Som van die hoofplekke [http://census2011.adrianfrith.com/place/466002 Hoopstad] en [http://census2011.adrianfrith.com/place/466003 Tikwana] tydens die 2011-Sensus</ref>.
 
== Geskiedenis ==
Dit is vernoem na die landmeter wat die dorp opgemeet het, A.P. Haupt, en gestig op [[1 Junie]] [[1874]] op die plaas Kameeldoorns, wat deur die Oranje-Vrystaatse Volksraad vir dié doel aangekoop is. Die dorp verkry munisipale status in [[1905]]. '''Hoopstad''' het eers as ''Hauptstad'' bekend gestaan. Die naam is later verander, omdat ''Hauptstad'' letterlik ''hoofstad'' beteken, en dit dus afbreuk aan [[Bloemfontein]] se status as republikeinse hoofstad gedoen het. Daarom word die dorp toe ''stad van hoop''. Die NG gemeente is in [[1876]] afgestig en die lidmaattalle bly redelik konstant vir 'n plattelandse dorpe: in [[1979]] was dit 840 en meer as 'n kwarteeu later in [[2006]] nog 764.
 
== Eksterne skakels ==
90 969

wysigings