Verskil tussen weergawes van "George-museum"

k
Opruim
k
k (Opruim)
}}
 
Die '''George-museum''' is ‘n kultuur-historiese [[museum]] geleë in [[George]], [[Wes-Kaap]], [[Suid -Afrika]]. Die hooftema van die museum is die plaaslike geskiedenis van George, met die fokus op die inheemse houtindustrie van die omgewing. Daar is ook 'n uitstallokaal waar Suid-Afrikaanse kuns gehuisves word. Die museum is gestig deur Charles Sayers in 1967, en is aanvanklik in ‘n enkele vertrek in Courtenaystraat gehuisves. Die museum is tans in die Drostdy, die woning en kantoor van die landdros, wat omstreeks 1813 onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel, gebou is. Die Drostdy-gebou was ook voorheen die geskiedkundige Victoria Hotel.
 
[[Lêer:GM2.jpg|thumbduimnael|250px|alt=wood carving : ''victorian Hotel,old museum building''|Die voormalige Victoria Hotel, wat tans die George-museum huisves]]
 
== Geskiedenis ==
 
=== Die George-baken ===
In die voorportaal van die George-museum is die oorspronklike George-baken wat in 1785 deur die Goewerneur van die Kaap, [[Cornelis Jacob van de Graaff]], namens die V.O.C. opgerig is. Die baken is opgerig om die gebied af te baken en om die Engelse te verhoed om Outeniqualand binne te dring. Die baken is as ‘n nasionale monument verklaar in 1962 en as ‘n provinsiale erfenis-voorwerp in 1992.<ref name="Stals" />
 
=== Stigting van 'n nuwe magistraatsdistrik ===
 
=== Die Drostdy ===
J.H. Voorman, 'n landmeter van [[Swellendam]] was verantwoordelik vir die planne van die Drostdy. Hy het ook die uitleg vir die wye strate van George gedoen. Bouwerk aan die Drostdy het in 1813 begin. Dit was 'n dubbelverdieping grasdak-gebou met vleuels wat verbind was met mekaar deur 'n platdak. Verskeie verslae beskryf die gebou as H-vormig. Die Drostdy, van Kervel se se kantoor en woonhuis, is voltooi aan die einde van 1815.<ref name="Sayers" /> Gedurende Julie 1826, toe die tweede landdros, landdros van der Riet en sy familie weg was met vakansie, het ‘n brand amper die Drostdy in puin gelê. Gelukkig het die mure en die saal onder die plat dak bly staan. Die owerhede wou eers die Drostdy herbou, maar besluit later om dit eerder te verkoop en in 1830 word William Hollet die eienaar.
 
‘n Mens kan aanvaar dat toe Hollet die Drostdy herbou het, hy die dele van die gebou wat nog staande was onder die platdak, sou behou het. In die jare daarna het die gebou baie eienaars gehad en elke eienaar het hul eie verbouings en/of aanpassings gemaak. Die grasdak is later vervang met sink en die houtvensters met staal. Bestaande deuropenings is toegemaak en nuwes gemaak. Dele van die mure is gesloop en ander mure is gebou.<ref name="Sayers" />
 
== Biblioteek en argief ==
<gallery>
Lêer:Davidson Road.jpg|<center>Davidsonstraat</center>
Lêer:02f0081 State Saw Mill.JPG|<center>Staatsaagmeule</center>
Lêer:Imelda Court.jpg|<center>George in die verlede</center>
Lêer:Meade Street.jpg|<center>Meadestraat</center>
Die George-museum poog om die gemeenskap bewus te maak van hul kultuur en geskiedenis, en om benewens ‘n beter begrip te kweek van hul omgewing deur die uitstallings van die museum. Die museum versamel en stal voorwerpe uit wat verband hou met die kulturele geskiedenis van George en die omgewing daarvan, vanaf die ontstaan van die dorp as ‘n V.O.C.-buitepos. Die buitepos het gou die middelpunt geword van ‘n florerende houtindustrie. Die museum se hooftema, die "Inheemse bos-en houtbedryf van die Suid-Kaap" fokus op die Suid-Kaapse inheemse houtbedryf en die rol wat hierdie nywerheid gespeel het in die geskiedenis van die dorp.<ref name="archivalplatform">http://www.archivalplatform.org/blog/entry/the_george/.</ref> Die Houttema is uniek in die sin dat geen ander Suid-Kaapse museum die houttema as hooftema het nie.
 
=== Buitelug-kompleks: Houtnywerheidsuitstallings ===
Die buitelugkompleks wat fokus op die houtnywerheid, bestaan uit aanplantings van inheemse woudbome, die Houtmuseum en 'n gerekonstrueerde geelhout-boskappershut(c. 1910+). Die boskappershut is ook gemeubileer volgens verslae en mondelinge vertellinge van ou boskappers. Vanaf die begin van kolonisasie in Suid-Afrika was hout en die voorsiening van hout van groot belang vir die setlaars. Dit is gebruik vir geboue, meubels, waens, vuurmaakhout, ens. Die Houtnywerheidmuseum fokus op die geskiedenis van die industrie en gee insig in die ontstaan daarvan. ‘n Groot verskeidenheid houtwerkgereedskap wat gebruik is, bv. byle, sae, dissels, ens. word uitgestal.
 
<gallery>
Lêer:Gmgarden.jpg|George Museum tuin en buitenshuise kompleks
Lêer:Timber Museum.jpg|Houtindustrie-museum
Lêer:Yellowwood house.jpg|Geelhout houtkappershuisie
Lêer:Victorian Dining Room.jpg|Victoriaanse eetkamer
 
=== Die museum het ook tydelike uitstallings ===
[[Lêer:Art Sayers Hall.jpg|thumbduimnael|Kunsuitstalling in die Sayerssaal]]
Die Sayerssaal is ingerig as ‘n kunsgalery. Tans word ‘n seleksie kunswerke van die versameling van die Wes-Kaapse Biblioteekdiens, wat bestaan uit prominente Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook ‘n versameling van die 2010 sokker-gedenkwaardighede, ook deur Suid-Afrikaanse kunstenaars, hier ten toon gestel.
 
=== Sport-gedenkwaardighede op uitstalling ===
<gallery>
Lêer:Soccer players made from wire.jpg|Sokkerspelers gemaak van draad
Lêer:Objects made from wire and beads.jpg|Kunswerke gemaak van draad, krale en keramiek
Lêer:Soccer balls made from a variety of materials.jpg|Sokkerballe gemaak van ‘n verskeidenheid materiale
 
=== Opvoedkundige programme ===
[[Lêer:GM1.jpg|thumbduimnael|alt=wood carving : ''Cape Aloe''|'n Medisinale aalwynplant, George area, Wes-Kaap, Suid-Afrika]]
Die George-museum bied ‘n wye verskeidenheid opvoedkundige programme vir leerders aan. Die volgende kurrikulum-verwante opvoedkundige programme word jaarliks aangebied by die George-museum.
 
 
== Literatuur ==
* De Jager, D.M. 1942. Gedenkboek van die Gemeente George by geleentheid van die Honderdjarige Herdenking van die Kerkinwyding, 1842-19421842–1942. Gedruk deur die George en Knysna Herald.
* Burden, M.2009. Strukture, Styke en Stories: 'n Interpretasie van Kerkargitektuur in George. Paper presented at National Congress of the Society for Cultural History held in George.
* Du Preez, I.F. 1987. From mission station to Municipality. Published by the Municipality of Pacaltsdorp. George Printing CC. George.
* Parker,S. 1993. The Development of George. Historical survey 1811-19751811–1975. University of Port Elizabeth. Department of Architecture.
* Sayers, C. 1982. Looking back on George. Herald Phoenix (Pty) Ltd. George.
* Stals, E.L.P. 1961. George. Die verhaal van die dorp en distrik. Uitgegee deur die Munisipaliteit en Afdelingsraad van George. Pro Ecclessia Drukkery. Stellenbosch.