Verskil tussen weergawes van "Wupperthal"

276 grepe bygevoeg ,  15 jaar gelede
Meer oor vroë geskiedenis
(Landbouprodukte)
(Meer oor vroë geskiedenis)
'''Wupperthal''' (ook '''Wuppertal''') is 'n historiese dorpie sowat 4000 inwoners in die Munisipaliteit [[Cederberg (Munisipaliteit)|Cederberg]], Distrik [[Weskus (Suid-Afrika)|Weskus]]. Dit is geleë in 'n dal van die [[Cederberge]] in die [[Wes-Kaap]], omtrent 250 Kilometer Noordoos van [[Kaapstad]] en 72km Suidoos van [[Clanwilliam]].
 
Die dorp is in [[1829]] deur die [[Rheinische Missionsgesellschaft|Rheinischen Missionsgesellschaft]] deur [[Johann Gottfried Leipoldt]] gestig en vernoem na die vallei die [[Wupper]] in [[Barmen]], [[Duitsland]]. Hy skryf in sy dagboek oor die naamgewing: ''„Wir haben den Namen Riedmond in Wupperthal verwandelt zum Andenken an unser liebes deutsches Wuppertal.“'' (Sowat eenhonderd jaar later verenig die Duitse dorpe Barmen en Elberfeld, sedert [[1930]] dra hulle die naam [[Wuppertal]].) Die twee sendelinge het die needrsetting met sewe [[khoikhoi]] gesinne gevestig en op hulle geestelik opheffing gefokus en boerdery aangemoedig. Die bevolking het gestyg kort nadat slawerny in [[1838]] afgeskaf is en baie byvryde slawe van nabygeleë plase daar aangekom het.
 
Die voormalige sendingstasie is tot vandag toe die streeksentrum met 'n poskantoor, skool, kliniek, ''pfarrei'', winkels en 'n skoen- en handskoenfabriek, waar tradisionele ''[[velskoen]]e'' vervaardig word. Landbouprodukte uit die omgewing sluit in [[rooibos]]tee, [[gedroogde vrugte]], en gedroogte boontjies.
21 705

wysigings