Verskil tussen weergawes van "Suurbraak"

1 105 grepe bygevoeg ,  15 jaar gelede
Meer detail oor geskiedenis en besienwaardighede
(Inleidende beskrywing)
 
(Meer detail oor geskiedenis en besienwaardighede)
'''Suurbraak''' is 'n mooi klein dorpie in die [[Overberg]] in die [[Wes-Kaap]] 19 km oos van [[Swellendam]], en 10 km van die N2. Die dorpie lê langs die [[Tradouwsrivier]] aan die voet van die [[Langeberge]] op die pad tussen Swellendam, [[Barrydale]] en [[Heidelberg, Wes-Kaap|Heidelberg]]. Dit is ongeveer 5 km wes van die [[Tradouwspas]].
 
Suurbraak is in [[1812]] as 'n sendingstasie deur die [[London Mission Society]] gestig. Die sendingstasie is later deur die in [[1875]] deur die [[Algemeende Sending Kerk]] oorgeneem. In [[1880]] is 'n Anglikaanse kerk en skool gebou na 'n skeuring in die gemeente.
 
Die dorp het ongeveer 2000 inwoners waarvan meer as die helfte onder 20 jaar oud is. Die dorp het 'n laerskool, kleuterskool, poskantoor en 'n biblioteek. Daar is ook 'n meubelfabriek wat werk verskaf aan van die inwoners. Meeste inwoners werk egter op plase in die omgewing of op naburige dorpe.
 
Die dorpie is in 'n pragtige vallei onder reuse eikebome geleë met 'n stroom wat deur die dorp loop. Die natuurskoon, wat fynbos en 'n ryk voëllewe insluit, en tradisionele geboue, waarvan sommige gerestoureer is, en leefstyl van die mense leen die dorpie tot ekotoerisme. Baie van die inwoners gebruik nog houtstowe, met uitheemse indringer plante uit die omgewing as gerieflike brandstof. Van die kleiner plase om die dorpie gebruik nog perdaangedrewe ploë.
 
==Eksterne skakels==
21 705

wysigings