Juliaanse kalender: Verskil tussen weergawes

k
Opruim
(→‎Die maande: Maak skakel reg)
k (Opruim)
 
== Die maande ==
In die ou Romeinse kalender het die jaar op [[1 Maart|1 Martius]] begin. Dit kan steeds gesien word in die name van die maande [[September]] ('septem' = sewe), [[Oktober]] ('octo' = agt), [[November]] ('novem' = nege) en [[Desember]] ('decem' = tien).
 
In die Juliaanse kalender is die maande van die ou kalender behou, maar hulle is aangepas en die begin van die jaar op 1 Januarie vasgestel. Die [[skrikkeljaar]] van die ou kalender het ook verdwyn.
 
{| class="wikitable"
{| {{prettytable}}
!colspan=2|Voor Julius Caesar
!colspan=2|Tydens Caesar
!colspan=2|Vanaf Augustus
|-
Die Juliaanse kalender is in amper die hele [[Romeinse Ryk]] gebruik. Met die opkoms van die Christendom is dit ook gebruik om die tyd van die Christelike feesdae, veral Paasfees, te bepaal. Die kerk het dus besondere waarde aan die kalender geheg.
 
Die Juliaanse kalender word tans nog deur sommige [[Oosters-Ortodokse Kerk|Oosters-Ortodokse]] kerke gebruik. In dié kerke, soos die [[Russies-Ortodokse Kerk]], val Kersfees op 7 Januarie, wat volgens die Juliaanse kalender 25 Desember van die vorige jaar is. Ander Ortodokse kerke gebruik die Gregoriaanse kalender, wat hulle die '''Nieu-Juliaanse''', '''Hersiene Juliaanse''' of '''Griekse kalender''' noem, vir vaste Christelike feesdae soos Kersfees, maar die Juliaanse kalender vir feesdae wat met [[Paasfees]] verband hou.
 
Onder invloed van die Kerk het Rusland die Juliaanse kalender nog tot in 1918 gebruik. So het die [[Russiese Revolusie]] van 1917, wat in Russies die Oktober-revolusie (''октябрьская революция, Oktjabrskaja revoljoetsia'') genoem word, in die Westerse maand November plaasgevind. Wanneer na datums voor 1918 verwys word, word O.S (Ou Styl) vir die Juliaanse kalender en N.S. (Nuwe Styl) vir die Gregoriaanse kalender dikwels tussen hakies aangegee.
 
== Eksterne skakels ==
* [http://webexhibits.org/calendars/index.html Calendars through the ages] op WebExhibits.
* [http://www.tondering.dk/claus/calendar.html Calendar FAQ]
* [http://www.tyndale.cam.ac.uk/Egypt/ptolemies/chron/roman/chron_rom_cal.htm Roman Dates]
* [http://penelope.uchicago.edu/~grout/encyclopaedia_romana/calendar/romancalendar.html The Roman Calendar]
* [http://5ko.free.fr/en/jul.php Synoptical Julian-Gregorian Calendar] – vergelyk die Juliaanse en die Gregoriaanse kalender.
* [http://www.guernsey.net/~sgibbs/roman.html Date Conversion]
* [http://www.fourmilab.ch/documents/calendar/#juliancalendar Calendar Converter] — Berekenings tussen verskeie kalenders
 
[[Kategorie:Kalenders]]