Verskil tussen weergawes van "Bestuiwing"

10 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Opruim
k
(Opruim)
[[Beeld:Bee carpenter with pollen.jpg|thumbduimnael|280px|’n By met die [[stuifmeel]] wat hy versamel het.]]
[[Beeld:Tulip Stamen Tip.jpg|thumbduimnael|140px|Die punt van ’n [[tulp]] se [[meeldraad]] wat bedek is met [[stuifmeel]]korrels.]]
 
'''Bestuiwing''' is die proses waardeur [[stuifmeel]] van die [[helmknop]] (manlike deel) van ’n plant oorgedra word na die [[stamper]] (vroulike deel) van dieselfde of ’n ander plant, en waardeur [[bevrugting]] en [[voortplanting]] moontlik gemaak word. Dit vind plaas in [[bedeksadige plant]]e, die plante wat [[blom]]me dra.
 
== Werking ==
Ondanks die algemene persepsie dat stuifmeelkorrels [[Gameet|gamete]] is, soos die [[sperm]]selle van [[dier]]e, hou bestuiwing verband met [[generasiewisseling]] (waar voortplantingselle eers later in ander selle ontwikkel wat vrugbaar is). Elke stuifmeelkorrel is ’n manlike [[haploïed]]e [[gametofiet]], wat aangepas is om na die vroulike gametofiete oorgedra te word, waar dit manlike gamete vervaardig en bevrugting veroorsaak in ’n proses wat dubbele bevrugting genoem word.
 
’n Stuifmeelkorrel (gametofiet) wat die manlike gamete bevat, word vervoer na die stamper, waar dit ontkiem en sy stuifmeelbuise met die [[Ginesium|blomstyl]] afgroei na die [[vrugbeginsel]]. Sy twee gamete beweeg met die buis af na waar die gametofiete met die vroulike gamete in die [[vrugblaar]] geleë is. Een kern vergroei met die [[poolliggaampie]]s om die endospermweefsel te vervaardig, en die ander kern met die [[saadknop]] om die [[embrio]] te skep,<ref>{{cite web |last1=Fritsch|first1= Felix Eugene|last2= Salisbury |first2=Edward James |title= An introduction to the structure and reproduction of plants |publisher= G. Bell |year=1920 |url=http://www.archive.org/details/cu31924001698905}}</ref><ref name=Maus>Mauseth, James D. Botany: An Introduction to Plant Biology. Publisher: Jones & Bartlett, 2008 ISBN 978-0-7637-5345-0</ref> vandaar die term "dubbele bevrugting".
 
In [[naaksadige plant]]e is die saadknop nie bedek deur ’n vrugblaar nie, maar blootgestel aan die oppervlak van ’n steunorgaan, soos die skub van ’n keël, en die penetrasie van vrugblaarweefsel is dus onnodig. Besonderhede van die proses wissel na gelang van die [[divisie]] van die betrokke naaksadige plant.
 
Die deel van die vrugblaar wat die stuifmeel opvang, is die stempel van die blom in bedeksadiges. Die saadknopdeel van naaksadiges wat die stuifmeel opvang, word die saadpoortjie genoem.
 
== Abioties en bioties ==
[[Beeld:Linné-Praeludia Sponsaliorum Plantarum.jpg|thumbduimnael|Abiotiese bestuiwing deur die wind, soos uitgebeeld in ''Praesidium Sponsaliorum Plantarum'' deur [[Carl Linnaeus]], 1729.]]
'''Abiotiese bestuiwing''' verwys na situasies waar bestuiwing sonder die hulp van ander [[organisme]]s plaasvind. Net 10% van blomplante word sonder [[dier]]e se hulp bestuif. Die algemeenste vorm van abiotiese bestuiwing is anemofilie, deur die [[wind]]. Dit kom veral voor by [[gras]]se, die meeste naaldbome en baie [[bladwisselend]]e bome. Hidrofilie is bestuiwing deur [[water]] en vind plaas by waterplante wat hul stuifmeel direk in die water vrystel.
 
[[Beeld:Hummingbird in ggp 7.jpg|thumbduimnael|’n Kolibrie drink ’n blom se sap.]]
'''Biotiese bestuiwing''', met die hulp van [[dier]]e, is meer algemeen. Die diere dra die stuifmeelkorrels van die helmknop na die stamper. Plante lok gewoonlik sekere insekte of diere om as bestuiwers op te tree. Daar is sowat 200&nbsp;000 soorte dierebestuiwers in die natuur, waarvan die meeste [[insek]]te is.
 
In soöfilie is die bestuiwers werweldiere soos [[voël]]s en [[vlermuis]]e. Plante wat deur motte en vlermuise bestuif word, het gewoonlik wit kroonblare en ’n sterk geur. Waar voëls die bestuiwers is, het blomme dikwels rooi kroonblare en geen sterk geur nie; min voëls maak op ’n reuksintuig staat om kos te vind.
 
== Kruis- en selfbestuiwing ==
[[Beeld:European honey bee extracts nectar.jpg|thumbduimnael|’n Europese heuningby versamel nektar, terwyl stuifmeel an sy lyf vergaar.]]
'''Kruisbestuiwing''' is wanneer stuifmeel van een blom na ’n ander oorgedra word. Plante wat daarvoor aangepas is, het dikwels langer meeldrade as vrugblare of gebruik ander maniere om die verspreiding van stuifmeel na ander blomme te bevorder.
 
'''Selfbestuiwing''' vind plaas wanneer die stuifmeel van ’n blom na dieselfde blom of ’n ander blom van dieselfde plant oorgedra word.<ref>{{Citecite book | author=Cronk, J. K.; Fennessy, M. Siobhan | authorlink= | coauthors= | title=Wetland plants: biology and ecology | year=2001 | publisher=Lewis Publishers | location=Boca Raton, Fla. | isbn=1-56670-372-7 | page=166}}</ref> Dit kom veral voor by kortstondige eenjarige plante en plante wat in nuwe omgewings begin groei.<ref name=Glover2007>{{Citecite book| title = Understanding flowers and flowering: an integrated approach| year = 2007| author = Glover, Beverly J.| publisher = Oxford University Press| page = 127| isbn = 0-19-856596-8| postscript = <!--None-->}}</ref> Die plante wat daarvan gebruik maak, se meeldrade en vrugblare is gewoonlik ewe lank. Plante wat hulself kan bestuif, word "selfvrugbaar" genoem en plante wat bestuiwers nodig het, "selfsteriel".
 
== Sien ook ==
* [[Stuifmeel]]
* [[Meeldraad]]
* [[Ginesium]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://dels.nas.edu/pollinators Nuwe "Pollinator Garden Wheel" van die National Academies verskaf inligting oor die aanlê van ’n bestuiwingsvriendelike tuin]
* [http://pollinator.com/ "The Pollination Home Page"]
* {{CommonsKategorie-inlyn|Pollination}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Pollination |Engelse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Plantkunde]]